Staatmaker-Valtras: Harde werk is hulle kos

DSC_0568
Op ՚n melkplaas is daar nie tyd vir stilstaan nie. Beeste moet gevoer word, koeie moet gemelk word, kuilvoer en hooi moet gemaak word en weiding moet onderhou word. Daarom het jy ՚n staatmaker trekker nodig wat alle take rats kan verrig soos grondbewerking, laaiwerk, sleepwerk en grassny. Dit is juis waarom daar drie Valtras op Mark Hauff se plaas naby iXopo brul.
“Ons het kompakte trekkers nodig gehad wat in al die smal ruimtes op die plaas kan pas, maar wat sterk genoeg is vir sleep- en laaiwerk met genoeg hidrouliese punte vir ons voerwaens,” vertel hy. Mark is die tweede geslag op die familieplaas in suidelike KwaZuluNatal.
“Ons het ongeveer 2 500 koeie wat in twee melkhuise gemelk word en hulle wei op weiding onder besproeiing. Ons vul ook hulle dieet aan met mieliekuilvoer.”
- Bray Highland van Valtrac en Mark Hauff, melkboer van Ixopo, voor die mooi Valtrac N134.
- Die Valtra N175 Versu is die bielie op die plaas vir grondbewerking en ander swaar take.
Die begin van die Valtrac-verhouding
Mark se verhouding met Valtrac, die verspreider van Valtra-trekkers in SuidAfrika, kom nou al so ՚n lang pad dat hy skaars kan onthou hoe hulle paaie gekruis het. “Sjoe,” lag hy, “ek moet nou mooi onthou, maar dit het begin met navorsing wat ek gedoen het vir ՚n nuwe trekker so agt jaar gelede, want ons het ՚n natkoppelaar trekker gehad wat die einde van sy leeftyd bereik het.
“Vereistes waarna ons gekyk het sluit in dat die trekkers kostedoeltreffend moet wees, gebruikersgemak bied en die regte krag moet lewer. Ek het navorsing begin doen oor watter fabrikaat en model aan hierdie kategorieë voldoen. Dit is hoe ek op die Valtra-naam afgekom het.” Hy het rondgevra oor die werking van die trekkers by ander boere wat ook die handelsnaam in hulle stal het, want dit was in daardie stadium nie ՚n algemene naam in sy omgewing nie. Die terugvoer het hom beïndruk en hy het Valtrac gekontak.
Vandag is daar drie Valtras wat op Mark se plaas werk: Twee N134’s en een N175. Die N175 is ՚n 112 kW-trekker wat die sesry-strookbewerkingplanter asook die snyer en voerwa kan trek buite die mielieseisoen. Een van die twee N134’s bestee meeste van sy lewe met ՚n mistrooier, maar doen ook snywerk. Die andersleep hoofsaaklik die voerwa.
“Met ՚n Valtra het jy vier hidrouliese punte, waar ander trekkers net twee het. Twee punte maak dit moeilik met die meeste nuwe presisietoerusting wat meer poorte vereis. Dus het ons nie nodig gehad om bykomende poorte te installeer toe ons die nuutste planter aangeskaf het nie,” wys Mark uit. “Boonop is die Valtra Connecttoepassing ՚n pluspunt. Ek kan enige tyd sien waar die trekker is.
Valtrac is ‘n familie wat glo in diens
Mark verduidelik dat hy ander handelsname ook op die plaas het wat donkiewerk verrig, maar vir die taai werk sorg die Valtras. “Ek is beïndruk met die kraguitset wat ons in staat stel om grondvoorbereiding te doen sonder dat die trekkers te groot is vir voeren sleepwerk. Die Valtras is kompak in vergelyking met ander modelle beskikbaar op die mark. “’n Trekker is ՚n masjien, en enige masjien raak soms onklaar,” herinner Mark.
“Maar wat belangrik is in daardie geval is, om die rugsteun te hê van ՚n handelaar wat jou wil help om voort te gaan met jou werk.
“Dit is bemoedigend om te weet jy is in die hande van mense wat boerdery verstaan. Dit is ՚n maatskappy met familiewaardes wat jou nie gaan laat verlore raak in die heen en weer van ՚n korporatiewe struktuur nie. Hulle sien na elke klant om.
“Dit is gehalte produkte wat gerugsteun word deur goeie mense,” sluit Mark af. Wat meer wil jy hê?
Om uit te vind watter verskil ՚n Valtra in jou boerdery kan maak en, Valtrac se legendariese dienslewering te ervaar, kontak hulle by (+27)56-817-7338 of stuur ՚n e-pos aan sales@valtrac.co.za. Besoek ook gerus die webtuiste op http://www.valtrac.co.za om na die hele reeks trekkers te loer.

