Categories: NewsPublished On: 27th July 2016

Solidariteit Helpende Hand wil boere help

By 1 min read
299 words

helpende hand

Boere wat ‘n behoefte aan voedsel het omdat die droogte hulle ‘n groot knou gegee het moenie bekommerd wees nie, Solidariteit Helpende Hand is daar om te help. Hulle het koopbewyse beskikbaar om boere te help om noodsaaklike middele aan te koop wat hulle nie self op die plaas het nie.  Vir baie boere sal die eerste prioriteit wees om hulle vee aan die lewe te hou en hulle sal self honger lei. Solidariteit Helpende Hand wil egter seker maak dat ons land se boere en hulle geliefdes nie onnodig swaarkry nie. Daarom het die organisasie geld beskikbaar gestel wat in die vorm van koopbewyse aan boere geskenk gaan word.

Boere wat hulp benodig moet asseblief met hulle naaste Helpende Hand-tak kontak maak of www.helpendehand.co.za/droogte besoek om ‘n aansoekvorm te verkry wat hulle moet invul en stuur na droogte@helpendehand.co.za of dit faks na 086-218-3216. Helpende Hand sal elke aansoek oorweeg om sodoende verdienstelike gevalle behulpsaam te wees en hulle hanteer dit streng konfidensieel.

Dr Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het sy organisasie se hulp aan die droogte-geteisterde boere bevestig: “Helpende Hand is diep besorg oor die humanitêre krisis wat onder ons boere op die platteland ontstaan het. Ons bied graag ondersteuning in die vorm van koopbewyse wat vir voedselaankope aangewend kan word.”

Helpende Hand moedig ander instansies aan om bydraes te maak aangesien die krisis drastiese gevolge vir die land se voedselvoorraad inhou en later die sakke van verbruikers ook gaan raak.

Help ons land se boere in hulle tyd van nood. Stuur die teksboodskap “boer” na 38969 en skenk R10 vir die fonds of doen ’n inbetaling in Helpende Hand se rekening met die verwysing – ‘droogte’.

Bankbesonderhede:

Solidariteit Helpende Hand

Bank: FNB

Rekeningnommer: 62 331 445 503

Tak: Centurion (takkode: 250 655)

Verwysing: Boer

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0