Skouring of veilingsring, Garcao Boerdery se Merino-Landskape skop stof in ander se oë

Picture1
Garcao Boerdery se Merino Landskape het die afgelope paar jaar stof in ander deelnemers se oë geskop by bekende skoue, en skud hulle vere reg vir hulle opkomende veiling wat om die draai is.
Merino Landskaap is bekend vir sy aanpasbaarheid en gedy in verskillende bestuurstelsels. Sy vrugbaarheid en groeivermoë maak hom veral gesog. Die goeie kwaliteit vleis met lae vetverspreiding is ook van die eienskappe wat hom gunstig maak vir die verbruiker. Omdat dit ‘n dubbeldoelras is gee ons ook aandag daaraan om diere aan te bied wat se wolgehalte beter is. Veral die ramme kan met vrymoedigheid in ‘n kruisteelprogram gebruik word op wolrasse om swaarder lammers te produseer. Kudderamme kan teen bekostigbare pryse aangeskaf word, asook uitsoek ramme vir die stoettelers.
Garcao Boerdery is geleë in die skilderagtige platteland, in die Kroonstad-distrik.

In 1995, is Alfredo Garcao se liefde vir die Merino Landskaap by ’n skaapskou gekweek, en het vandaar af besluit om met die ras te teel. Alfredo teel vir ‘n geruime tyd, getrou aan die Merino Landskaap-lyne. Die stoet se ontstaan is vanuit genetiese kruisings van Piet Delport en Ben Du Plessis se telings, en vandag is die resultaat, skape met sterk koppe en ‘n besonderse bouvorm.
“Die Merino Landskaap is ‘n manjifieke skaap, van hulle sagte, glansende wol en pragtige voorkoms tot hulle gehardheid en aanpasbaarheid,” meen Alfredo.
Garcao-stoet se ramme het sedert 2020 verskeie toekennings in die skouring verwerf:
- Die Merino Landskaap-genootskap se 2020 en 2021 Bekerkampioene vir reproduksie
- Wenner van die 2023 Reserwe junior Kampioen Bloemskou, Merino Landskaap
- Wenner van die 2023 Reserwe senior Kampioen Bloemskou, Merino Landskaap
- Wenner van die 2023 Reserwe groot Kampioen Bloemskou, Merino Landskaap
- Toekenning vir Beste Merino Landskaap Wolskaap-kampioen by die 2023 Bloemskou
Maak seker jy bekom van hierdie top skougene op hulle opkomende veiling!
Dagboek 23 September 2023 om 11:00 vir Garcao-boerdery se veiling te plaas Damplaas, Kroonstad.
Op aanbod:
- 300 Stoet- en kommersieel ooie
- 30 Stoet ramme

Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.
Vir enige navrae kontak:
Martin Garcao (Mede-eienaar) by 084 552 4801
Alfredo Garcao (Mede-eienaar) by 082 635 0222
Karel du Plessis (Skaap-en Wolbeampte) by 082 826 3244
Jan Mostert (Afslaer) by 083 306 8408
Piet Wessels (BKB) by 082 857 7827
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com