Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 23rd February 2024

Sernick Bonsmaras hou bobaas Bonsmara-veiling

By 1 min read
182 words

IMG_1148

Sernick Bonsmaras het met oorgawe, alles op hulle jaarlikse aanteelveiling op 22 Februarie by Liebenbergstroom in Edenville, uitverkoop. Die top kwaliteit wat onder die hammer geval het by die geleentheid, is ’n bewys van die samewerking, determinasie en goeie gees wat in die Sernick groep vloei.

Hierdie was een van Sernick se vele geleenthede, waar bekende gesigte in die Bonsmara bedryf, sowel as nuwe nuuskieriges, mekaar kon raadpleeg en ondersteun in die bederyf.

Die opgewondenheid oor die potensiaal vir 2024 was ooglopend en duidelik uitgespreek deur beefliefhebbers by die veiling.

3 van die bulle op aanbod by die veiling het vir die hoogste prys van R80 000 verkoop:

  • LOT 1 | NFS21-427
  • LOT 5 | NFS21-242
  • LOT 17 | NFS21-431

Die gemiddelde wat op die veiling behaal was, is as volg:

Bulle: R61 052

Dragtige koeie: R22 947

Koeie en kalf: R29 125

Dragtige verse: R20 628

3-in-1: R29 666

Nick Serfontein en die hele Sernick Groep bedank ieder en elk betrokke by die dag se sukses. Baie geluk aan elke koper en verkoper wat die veiling bygewoon het en weggestap het met top gehalte diere.

Lot 5 wat vir ’n skitterende R80 000 verkoop is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0