Categories: NewsPublished On: 12th October 2016

September 2016 se trekker- en stroperverkope

By 1 min read
178 words
trekker

tractor_clip_art_18056

Trekker- en stroperverkope vir die jaar 2016 is aansienlik laer as verlede jaar. Daar word algemeen verwag dat algehele trekkerverkope laer sal wees as verkope verlede jaar, dalk met sowat 15 tot 20% laer.

Trekkerverkope van 623 eenhede in September is marginaal meer (2%) as die 637 eenhede wat verlede September verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope ongeveer 14% laer as verkope vir die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.   Stroperverkope van 14 eenhede in September is 26% laer as die 19 eenhede wat verlede September verkoop is.   Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 16% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar.

Fundamentele onderliggende aspekte in die mark het nie veel verander oor die afgelope maand nie.   Met betrekking tot reënvalvooruitsigte, het die El Niño-effek verander in ᾿n swak La Niña-effek en daarom is vooruitsigte vir die land ten opsigte van die komende somergewasseisoen beter as wat dit twaalf maande gelede was.   Algemene reën is egter nodig vir al die somergewasstreke, veral die streke in die oostelike dele waar reën binne die volgende drie weke nodig is.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0