Categories: Crop productionPublished On: 18th April 2016

Senter 360 is daar vir wennerboere

By 3 min read
622 words

senter 194

ʼn Wennerboer laat hom nie stuit omdat kosbare water skaars raak nie. Hy maak maak bloot ʼn volgende plan om met dit wat beskikbaar is aan te hou boer. Die besproeiingsboere rondom Cradock in die dorre Karoo verstaan hierdie beginsel alte goed, want die Oranjerivier-Visriviertonnelskema bring hulle water van baie ver af. Daarom moet elke druppel met omsigtigheid gebruik en bestuur word. Dit is een van die redes hoekom Senter 360 se spilpunte so gewild is in die streek, want buiten die gewone, kan ʼn Senter 360 ook sy man staan teen die natuurelemente.

Jan Laubscher en sy seun, Wian, boer op die plaas, Midholme, en produseer al hulle weiding vir hulle melkbeeste self. “Ons het eers ʼn ander stelsel gehad, maar in 2004 is hier ʼn geweldige sterk wind verby en hy het die spilpunt heeltemal platgewaai,” sê Jan. Hulle moes ‘n ander spilpunt koop, maar wou nie ‘n herhaling van daardie windskade hê nie. “Na deeglike navorsing het ons besef dat die Senter 360 se struktuur die minste windweerstand het.”

Vir Jan was die logiese stap dus om Fritz van Staden, die Senter 360-agent in Cradock, te nader om hom uit die verknorsing te kom help.

“Omdat vloedbesproeiing in daardie stadium nog in die vallei gebruik is, kon ons maklik vergelyk en het agtergekom dat spilpunte baie beter werk, ons oesopbrengste beter is en dat ons waterverbruik minder is,” sê Jan.

Met vloedbesproeiing kon Jan sy lande net elke veertien dae benat, maar omdat hulle in so ʼn warm streek boer, is dit heeltemal onvoldoende vir hulle weiding. Met die Senter 360-spilpunt kan hy nou besproei volgens behoefte. “Tans besproei ons 36 mm per week en in baie warm weer kan ons opgaan tot 48 mm per week – en hier is die bewys: alles lyk goed,” sê Jan.

“Ons het dus stelselmatig ons hele plaas na Senter 360 se spilpunte omgeskakel. Omdat ons baie goeie diens van Senter 360 geniet het, het ons besluit om met hulle voort te gaan. Sedertdien het ons nog geen strukturele probleme gehad nie. Ons naverkopediens is ook baie goed, so wat meer kan ek sê?”

22,5 ton per hektaar!

Zirk Scheepers se naam was verlede jaar op almal in die landbou se lippe toe hy in ʼn plaaslike kompetisie die Suid-Afrikaanse rekord gebreek het met die 22,5 ton mielies wat hy per hektaar geoes het. Dit het onder ʼn Senter 360 spilpunt gebeur.

Zirk boer ook met weiding op Wonderkop buite Cradock en hy het ook al ʼn prys gewen vir sy wielvalhekpatent wat sy spilpunte in staat stel om deur sy kampdrade te beweeg.

“Normaalweg is my weiding vanaf middel Desember tot begin Maart op sy slegste, maar nou kan ek maklik 30 skape op ʼn hektaar aanhou. Ek gooi net so ‘n bietjie kunsmis om die proteïen in die weiding op te stoot en dan is ek ook reg vir lamtyd,” sê hy.

Zirk waag dit om kunsmis deur sy spilpunte te sit. “Ja, ek gebruik vloeibare kunsmis wat spesiaal hier in Cradock vermeng word, asook fynkorrel- en fynvorm-kunsmis. Dit bespaar baie tyd en is baie akkuraat. Daar is ʼn uitlaatklep by elke toring, so die kunsmis sal nie in die pype bly lê nie. Dit is nou al ʼn hele klompie jaar wat ek dit doen en ek glo dit is waar my weiding se goeie resultate vandaan kom.

“Ek het baie vertroue in die produk en ek vertrou Senter 360 se mense. Dit is net ʼn plesier om saam met hulle te werk,” sê Zirk.

ʼn Voorvat-Senter 360-spilpunt kan joune word as jy vir Senter360 skakel by 018-469-1351 of stuur vir hulle ‘n e-pos na info@senter360.co.za

Zirk Scheepers het sy weidingskampe in ʼn wawielvorm rondom sy spilpunt uitgelê. Fritz van Staden, Senter 360 se agent, het hom al die pad bygestaan.

Zirk Scheepers het sy weidingskampe in ʼn wawielvorm rondom sy spilpunt uitgelê. Fritz van Staden, Senter 360 se agent, het hom al die
pad bygestaan.

Jan en Wian Laubscher se kuilvoermielies op Midholme buite Cradock groei ook uitstekend onder ʼn Senter 360-spilpunt.

Jan en Wian Laubscher se kuilvoermielies op
Midholme buite Cradock groei ook uitstekend
onder ʼn Senter 360-spilpunt.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0