Scania: Versien jou trok nou vir minder as jou bakkie

scania 1
Die sakewêreld is druk besig om planne te maak om te herstel van die landswye inperking wat baie ondernemings hard geslaan het. Scania Suid-Afrika ondersteun graag sy kliënte in hierdie tyd met ’n vastekosteafslagpakket vir versiening (Fixed Maintenance Package), veral vir ouer vragmotors wat meer gereeld in die werkswinkel moet draai.
“Ons grondslag is volhoubaarheid,” sê Nomonde Kweyi, Scania SA se bestuurder: Bemarking en Kommunikasie.
“In hierdie uitdagende tyd met ’n 30%-verlaging in aanvraag en volumes in die logistieke sektor, ondersteun Scania graag sy kliënte se ondernemings op die pad na herstel deur kostedoeltreffende pakkette regoor die hele produklys aan te bied.”
Gedurende die staat van inperking is vele ondernemings se vermoë om handel te dryf gekniehalter en dit het kontantvloei deur die hele vervoerbedryf geraak. Dit bly lewensbelangrik dat trokke behoorlik in stand gehou moet word en daarom het Scania spesiale onderhoudsplanne vir trokke wat vier jaar en ouer is saamgestel. Die pakkette word gevorm om aan te pas by maatskappye se behoeftes en om hulle in staat te stel om finansiële beplanning te doen, met verhoogde produktiwiteit en die minimum ontwrigting van daaglikse werksaamhede.

Trokke wat nie meer onder waarborg is nie, sal nou 12 maande waarborg op sekere onderdele ontvang. Nog vinniger beskikbaarheid van onderdele, met aflewering binne 24 uur, is regoor die Scania-verkoopsnetwerk as ’n prioriteit gestel.
“Baie ondernemings het probleme in die voorsieningsketting ondervind omdat verskaffers onder druk geplaas is en onderdele nie ingevoer kon word nie,” sê Nomonde.
“Die krag van ons internasionale logistieke network het ons gehelp om aan te hou met die verskaffing van onderdele aan ons kliënte, sodat hulle vlote produktief kon voortgaan.”
Scania is ’n internasionale maatskappy wat trokke, busse en ondersteuningsoplossings in meer as 100 lande bied.
Vinnige aflewering beteken dat onderdele oornag beskikbaar gestel word om die minimum ontwrigting in vervoerprogramme en afleweringskontrakte te veroorsaak.“Ons vernaamste prioriteit is ons vennootskappe met ons kliënte,” verduidelik Alan Hugo, bestuurder: Dienste.
“Ons volg nie die tradisionele model van verskaffer-kliëntverhouding nie. Ons gaan uit ons pad om ons kliënte se ondernemings te verstaan en oplossings te ontwikkel wat werklike waarde bydra.
“Hierdie benadering beteken dat ons kliënte die Scaniabelewenis ondervind en deel word van die Scania-familie. Ons is ingestel op hulle uitdagings en toegewy daaraan om nuwe oplossings te vind wat werklike volhoubaarheid stimuleer.”
’n Trok se waarde verander gedurende sy leeftyd en Scania het dit in ag geneem met die aanbod van mededingende pryssamestellings vir al die vasteonderhoudspakkette. Afslag van tot 30% maak die pakkette uiters kostedoeltreffend en mededingend.

Scania het die AA Kinsey-verslag, wat die gemiddelde koste van voertuigversienings in Suid-Afrika aandui, geraadpleeg om seker te maak die vergelyking hou water. Die intreevlak Scania vaste-onderhouddienspakket is inderdaad goedkoper as die gemiddelde dienspakket van ’n dubbelkajuitbakkie!
“Ons kliënte is ons topprioriteit,” sê Nomonde.
“Nou, meer as ooit, wil ons graag aan hulle die beste kostesnywaarde lewer. Met ’n Scania-diens wat goedkoper is as die gemiddelde koste om ’n bakkie te versien, gaan ons baie ver om operasionele koste te verlaag.”
Kontak jou naaste Scania-handelaar of skakel 011-661-9600 om meer oor die pakkette uit te vind. www.scania.co.za.