Scania staan ook boere by in droogte

IMG-20160412-WA0006
Kos wat op die land bly staan, maak geen maag vol nie. Dit moet geoes, verwerk en aangery word na die mark waar dit benodig word. Die vervoerbedryf bied ‘n lewensaar om die produk van die plaashek af na die winkelrak te vervoer en Scania is een van die maatskappye wat besig is om ’n groeiende venoot in hierdie waardeketting te word.
In die wurggreep van die droogte het boere in sekere streke, veral in die Vrystaat en westelike dele van die land, egter in ’n situasie beland waar hulle nie meer oeste gehad het om te lewer nie. Hulle moes nou die ontvangers van kos word, meer spesifiek, voer om hulle diere aan die lewe te hou in die hoop dat kernkuddes deur die droogte gedra kan word om minstens met vleisproduksie voort te kan gaan.
Verskeie maatskappye wat normaalweg betrokke is in die waardeketting om kos na die verbruikers te neem, het die nood gesien en betrokke geraak. Paul Uys van Scania in die Vrystaat, het ook besluit om te help en het saam met Rentco, ’n afdeling van SA Truck Bodies, ’n
Scania G460 en ’n platbaksleepwa vir ’n maand lank aan die hulporganisasie, Boere in Nood, beskikbaar gestel.
Die koste van ’n trokbestuurder het ook deel uitgemaak van die pakket. Normaalweg kos ’n bestuurder R550 per dag en net om ’n sleepwa alleen te huur kos naastenby R12 000 per maand, sonder om kilometerkoste by te reken.
Paul sê: “Altwee ons maatskappye se kliënte is nou gekoppel aan die landboubedryf. Òf hulle boer self òf hulle lewer vervoerdienste aan die landboubedryf deur byvoorbeeld kunsmis, lewendehawe of oeste aan te ry. Ons voel dis ons plig om hulle te ondersteun in die tyd van nood en wil graag betrokke bly.”
Carina Swartz van Boere in Nood sê dit is die soort van ondersteuning wat dit vir hulle moontlik maak om voort te gaan met die hulpverlening aan boere.
“Ons is opreg dankbaar vir elke skenking wat na ons kant toe kom en die feit dat Scania en SA Truck
Bodies vir ons die groot trok en sleepwa beskikbaar gestel het, het dit moontlik gemaak om baie bale voer na baie boere te neem.”
Sy sê die nood is steeds hoog en hoewel die reën in sekere dele uitkoms gebring het, was dit in die meeste gevalle te laat vir voerproduksie vir die winter. Daar gaan nog baie voer aangery word deur die winter.
Meer oor die G460
Die Scania G-reeks trokke is ontwikkel om veeldoelig te wees. Die trokke word met groot sukses in verskeie bedrywe gebruik waar hulle kragtige enjins van tot 460 perdekrag
(343 kW) hulle gemaklik met vrag en al bult op en bult af laat wikkel. Die G460 hanteer egter net so gerieflik op die lang pad met ’n kajuitkeuse vir oorslaapgerief of dagritte.
Soos met al Scania se trokke, kan die G-reeks ook na behoefte bestel word. Daar is ’n wye verskeidenheid kombinasies van onderstelle, enjins en kajuite om uit te kies, sowel as ander keuses soos ratkaste, raamsterkte, onderstelhoogte en veringstelsels.
Watter komponente jy ook al kies, jy kan altyd verseker wees van kragtige, betroubare, ekonomiese werkverrigting.
Meer oor Scania SA
“Ons verkoop nie trokke en busse nie; ons bied vervoeroplossings aan ons kliënte,” sê Alexander Taftman, produk- en bemarkingsdirekteur van Scania SA. Dié Sweedse maatskappy is al van 1891 af in die vervoerbedryf en vier dus vanjaar hulle 125 ste jaar! Scania is sedert 1995 ook in Suid-Afrika.
Oor die afgelope twintig jaar het Scania se ekstraswaar kommersiële voertuie tot nommer 3 op die ver-koopslysie in Suid-Afrika geklim.
Scania verstaan ook dat landbou ’n seisoenale bedryf is en dat ’n boer moontlik nie regdeur die jaar ’n vragmotor nodig het nie. Die maatskappy het sy eie uitverhuringsafdeling waar ’n boer byvoorbeeld gedurende oes- of strooptyd die regte trok of voorhaker na sy behoefte kan huur.
Skakel Scania by 011-661-9600, of besoek www.scania.co.za om uit te vind waar jou naaste Scania-handelaar is. In die Vrystaat is Wynand van den Berg by 051-433-1218 gereed om te help.

