Categories: NuusPublished On: 15th April 2020

SAWi stel die eerste uitgawe van ‘The Definitive Fine Wine Guide’ bekend

By 2 min read
312 words

SAWi Definitive Fine Wine Guide 2019

SAWi, ‘n onafhanklike outoriteit oor wynkwaliteit, het sopas die eerste uitgawe van ‘The Definitive Fine Wine Guide’ bekendgestel. Dit volg op die onlangse aankondiging van wat bekendstaan as die ‘Grand Wines Collection’ (GWC), welke wyne in die gids verskyn.   

Die GWC bied ‘n objektiewe antwoord op die ontwykende vraag ‘hoe om te weet wat ‘n hoë kwaliteit wyn verteenwoordig’. As sodanig sal wynlefhebbers nou ‘n hulpmiddel kan gebruik om ingeligte besluite oor top Suid-Afrikaanse wyne te neem om te versamel en te geniet.  

Die gids verteenwoordig ‘n klassifikasie van uitstaande wyne wat 93+ punte oor ‘n multi-oesjaar tydperk van 10 jaar behaal het, saamgestel uit blinde wynproe-resultate. Daarvolgens dui dit dus op die beste wyne wat tans in Suid-Afrika geproduseer word. 

Die versameling bestaan uit net meer as 400 wyne, of sowat 5.3% van alle gebotteleerde wyn van 140 wynkelders. Dit toon ook verder dat 50% van hierdie wyne van slegs sowat 50 kelders afkomstig is (ingesluit Distell, KWV en DGB portefeultjies – elk as een geneem), met die meerderheid daarvan wat 5 of meer wyne in die groep het. 

Hierdie groep wyne het almal die toets van tyd deurstaan en verteenwoordig die beste in die wynmaakbedryf oor multi-oesjare, met ‘n graad van deurlopende uitnemendheid. Gegewe die stand van sake, is daar geen twyfel dat wynkwaliteit in Suid-Afrika dramaties toegeneem het nie met ‘n oorvloed van top wyne en style.

Dus sal beide wynentoesiaste en fynproewers pertinente inligting in hierdie gids vind wat persoonlike proe-ervaringe kan verhoog deur ondermeer onbekende wyne te ontdek.   

Die GWC mag straks net die wyse waarop die plaaslike wynbedryf hul top wyne bemark help omskep.

SAWi Platinum and ‘Grand Gold’ bottelseëls is daarom reeds gewild onder diegene wat daarop uit is om sulke hoë aangeskrewe wyne te geniet.

Hierdie aankondiging val saam met SAWI se nuut ontwerpte webtuiste www.sawineindex.com, waar die gids ook afgelaai kan word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0