Sampie leer uit die ou stambome se geheime as die by sy Drakensbergers kom

WhatsApp Image 2024-08-26 at 08.40.40
Sampie Smith het nog altyd ’n oog vir ’n mooi swart bees gehad, dit is juis een van die redes hoekom hy en sy familie in 2016 besluit het om met hulle eie Drakensberger-stoet te begin.

“Ek wou graag ’n inheemse beesras bevorder, iets uniek tot Suid-Afrika. Inheemse beeste is goed aangepas tot ons klimaat en dit lei na laer insetkostes,” verduidelik Sampie.
Dit is ook die Drakensberger se bekendheid vir hulle moederlik instinkte wat hom finaal laat besluit het dat dit die beesras is waarmee hy wou boer.

Sampie het nooit twee keer gedink daaroor om met beeste te begin boer nie. Hy was nog altyd lief vir die natuur en lief vir die boerdery, daarom was beesboer volgens hom net ’n uitbreiding van hierdie liefde.
Voordat Sampie genetika by sy kudde inteel, doen hy eers deeglike navorsing. Hy vertel dat hy dit geniet om die stambome van ou telers te bestudeer.

“My doel is om aangepaste diere te teel, met lae insetkostes wat elke jaar ’n gesonde kalf speen.”
Indien Sampie enige raad kan gee vir boere wat daaraan dink om met Drakensbergers te begin boer, sal dit wees om beproefde bulle te gebruik en met die ouer telers te gesels … “Hulle het altyd goeie raad.”
Besoek gerus hulle Facebook-blad Sambesi Drakensberger vir meer informasie.
