SA Stamboek/UNISTEL NASIONALE ELITE 2025-toekennings

Kudde Wenners
Kudde Wenners
Die jaarlikse NASIONALE ELITE-toekennings is SA Stamboek se glansgeleentheid. Die geleentheid gee erkenning vir die BESTE van die BESTE telers, stoetkuddes en stoetdiere.
Die SA Stamboek NASIONALE ELITE Prystoekennings het op 28 April 2025 by Monte Bello Landgoed plaasgevind. Die geleentheid is voorafgegaan deur die gesogte Vleissentraal/SA Stamboek NASIONALE ELITE 2025 Bulgroeitoetsklas by Bloemskou.
VLEISSENTRAAL/SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 BULGROEITOETSKLAS TOEKENNINGS

Bulgroeitoetsklas – Top 5
Erkenning word gegee aan al die eienaars en telers van die Bulle wat aan die Vleissentraal/SA Stamboek ELITE 2025 bulgroeitoetsklas deelgeneem het. Slegs een bul per ras kan deelneem en bulle word geplaas op grond van strukturele korrektheid en funksionele doeltreffendheid, met ‘n finale plasing van die wenner op grond van genetiese meriete vir ekonomies belangrike eienskappe, indien nodig. Agtien bulle was deur die onderskeie Telersgenootskappe genomineer vir die 2025 geleentheid.
Die wenner van die VLEISSENTRAAL/SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 BULGROEITOETSKLAS word in die ring deur die beoordelaars tydens die Bloemskou aangekondig.
SA STAMBOEK/PLAAS MEDIA NASIONALE ELITE 2025 DIAMANT BUL TOEKENNINGS
Hierdie gesogte toekenning gee erkenning aan uitsonderlike stoetbulle wat uit eweneens uit uitsonderlike ouers geteel is en op hulle beurt top presterende dogters en seuns geteel het.
SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 PLATINUM VLEISBEESKOEIE TOEKENNINGS
Slegs EEN KOEI per ras (per Telersgenootskap) kan vir hierdie besonderse gesogte toekenning kwalifiseer. Hierdie koeie word erken as die BESTE van die BESTE teelkoeie wat op Stamboek se Logix-stelsel aangeteken is. Slegs koeie wat reeds as ELITE GOUD erken word (sewe of meer kalwers, met streng minimum waardes vir ouderdom eerste kalwing, kalfintervalle tussen alle kalwers, genetiese meriete vir Koeiwaarde, met inagneming van alle aspekte van winsgewendheid, kom in aanmerking. Die rangorde, en daarom die koei wat die winsgewendste nageslag sal voortbring, verteenwoordig dus haar ras.
SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 PLATINUM MELKKOEI TOEKENNING
Hierdie toekenning gee erkenning vir die BESTE van die BESTE melkkoeie in Suid-Afrika. Objektiewe metings en gepaardgaande genetiese meriete word gebruik om hierdie hoog kwalifiserende koeie te identifiseer. Slegs een koei per melkras kom in aanmerking om hierdie gesogte toekenning te ontvang en slegs koeie wat reeds ‘n vyfde laktasie voltooi het, kom in aanmerking. Elke melkras het ‘n pasgemaakte seleksie-indeks waarin die genetiese meriete vir winsgewendheid bereken word. Hierdie waardes, sowel as melk vastestowwe produksie per dag van die lewe, word in ag geneem vir hierdie gesogte toekenning.
SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 ONTWIKKELENDE STOETTELER VAN DIE JAAR
SA Stamboek en sy Telersgenootskap-lede moedig nuwe toetreders aan om volwaardige lede van die stoetbedryf te word. Elke jaar word erkenning gegee aan een stoetteler uit die voorheen benadeelde gemeenskappe wat aan alle aspekte en streng vereistes voldoen om ’n volwaardige stoetteler te wees. Alle telersgenootskappe word genooi om nominasies in te dien om oorweeg te word.
Die STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 ONTWIKKELENDE STOETTELER is Stephen Mkwanazi van Mkwanazi Bonsmara, Bonsmara teler naby Sentrum in Thabazimbi, wat in 2014 sy eerste bees in a gemeentskaplike omgewing in Brits grootgemaak het.

STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 ONTWIKKELENDE STOETTELER
SA STAMBOEK/FARMER’S WEEKLY NASIONALE ELITE 2025 MENTOR-TELER VAN DIE JAAR

Mentor Teler van die Jaar
Stoettelers is bekend daarvoor dat hulle medeboere aanmoedig en bystaan om suksesvol te boer. Stamboek gee, in samewerking met Farmers ‘ Weekly, erkenning aan die stoetteler wat die ekstra myl stap om as mentor van nuwe toetreders op te tree. Telersgenootskappe word genooi om kandidate vir hierdie gesogte toekenning te nomineer.
Jan Boshoff & Barry Hertzog van Boshoff Bonsmaras, geleë in die Delmas/Leandra area van Mpumalanga is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n stoetteler wat nuwe veeboere aktief bystaan om suksesvol te wees. Hulle aktiewe rol van betrokkenheid en die deel van kennis en vaardighede aan nuwe toetreders is legendaries in die Mpumalanga-streek om toekomstige boere tot sukses op te voed.
SA STAMBOEK/VLEISSENTRAAL NASIONALE ELITE 2025 STOETKUDDE VAN DIE JAAR – VLEISBEESTE
Objektiewe kriteria word gebruik om die BESTE van die BESTE stoettelers vir vleisbeeste en kleinvee te identifiseer. Die Vleisbees- en Kleinveekuddes word eers geïdentifiseer om as ELITE NASIONALE PLATINUM- kuddes in aanmerking te kom. Hierdie kuddes moes reeds ELITE DUBBEL GOUD (die heel bestes op Stamboek se Logix-stelsel) status behaal vir die huidige siklus van toekennings. Kriteria is gebaseer op die aantekeningpraktyke in die kudde (volledigheid van metings), reproduksieprestasie en die gemiddelde Logix genetiese meriete vir winsgewendheid (Koeiwaarde vir Vleisbeeste of Logix Meriete Indeks vir Kleinvee). Die Nasionale ELITE KUDDE-toekennings is op ‘n nuwe dimensie in 2022 geplaas toe nie net die Nasionale Wenner aangekondig is nie, maar ook die kuddes in die tweede en derde plekke. Hierdie nuwe tradisie word voortgesit in 2025.
Die wenner van die SA STAMBOEK/VLEISSENTRAAL NASIONALE ELITE 2025 STOETKUDDE VAN DIE JAAR – VLEISBEESTE is HENDRIK MEYER – Rhenostervallei Beefmasters.
Die Angus kudde van Fredericksburg Landgoed, is in die tweede plek en Rouxvus Drakensberger stoet van Gawie en Frik Roux, derde.
Die wenner van die SA STAMBOEK/VLEISSENTRAAL NASIONALE ELITE 2025 STOETKUDDE VAN DIE JAAR – KLEINVEE (VLEIS & DUBBELDOEL) is COLLETT FARMING MEATMASTERS.
HG Human Dorpers is in die tweede plek met JJ Human Dorpers derde.
Die wenner van die SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 KUDDE VAN DIE JAAR – KLEINVEE (WOL)
is DG HANEKOM (Merino). JA, de Villiers (Merino) is in die tweede plek met Korhaansrug Merino van JN Kotze, derde.
SA STAMBOEK/TELWIEDRE VOERE NASIONALE ELITE 2025 KUDDE VAN DIE JAAR – SUIWEL
Objektiewe kriteria word gebruik om die BESTE van die BESTE Stoettelers vir melkbeeste te identifiseer. Ses melkprodusente word geïdentifiseer om as ELITE PLATINUM-kuddes in aanmerking te kom. Hierdie kuddes moes reeds ELITE GOUD-status (top tien persent melkkuddes op Stamboek se Logix- aantekeningstelsel) behaal vir die huidige siklus van toekennings. Toekennings word gebaseer op die aantekeningpraktyke (volledigheid van metings), bestuursprestasie (binne ras), soos weerspieël deur objektiewe meetbare kriteria, en die gemiddelde Logix genetiese meriete vir winsgewendheid.
Die wenner van die SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 KUDDE VAN DIE JAAR – SUIWEL is KLUITJIESKRAAL JERSEY, AJ, JA & PJ Schoonwinkel in the Wes-Kaap.
In die tweede plek is Limpopo Melkery, Joubert & AJ Fourie en in die derde plek Janvos Landgoed, SA Friesland van Jan Grey.
SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 GENETIESE SUIWELKUDDE VAN DIE JAAR
Die Veekundiges by SA Stamboek gebruik die genetiese meriete vir winsgewendheid om die top Melkkuddes vir elke ras te identifiseer. Die eienskappe wat verband hou met vroulike vrugbaarheid, melkkwaliteit, uiergesondheid, onderhoud, produktiewe kuddelewe en melkproduksie word in ag geneem vir die toekenning.
SA STAMBOEK/STANDARD BANK NASIONALE ELITE 2025 STOETKUDDE VAN DIE JAAR – PERDE
ELITE Platinum status word toegeken aan perde stoetkuddes wat by SA Stamboek aanteken. Objektiewe kriteria word toegepas op grond van korrekte aanteken-praktyke, tydige aantekening, data-integriteit en deelname aan bedryfsaktiwiteite.
Rooigras Boerperd Stoet van Jan Joubert is die wenner van die SA STAMBOEK/STANDARD BANK NASIONALE ELITE 2025 STOET VAN DIE JAAR – PERDE.
SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 STOET VAN DIE JAAR – HONDE
ELITE Platinum status word toegeken aan stoetkuddes van ander spesies soos varke, wild, honde en ander, wat by SA Stamboek aanteken. Objektiewe kriteria word toegepas op grond van korrekte aanteken-praktyke, tydige aantekening, data-integriteit en deelname aan bedryfsaktiwiteite.
Die wenner van die SA STAMBOEK NASIONALE ELITE 2025 STOET VAN DIE JAAR – HONDE is Colos Boerboels van Rolan Dercksen.
SA STAMBOEK BESTE JAARVERSLAG
SA Stamboek, as Registrasie-owerheid, moedig sy lede aan om nie net aan die vereistes van die Diereverbeteringswet te voldoen nie, maar om ook ‘n uitstekende diens aan hul lede te lewer. Om erkenning te gee aan die Telersgenootskap wat aan al die wetlike vereistes voldoen en ook spesiale moeite aan die dag lê met hul jaarverslag, insluitend finansiële state en bestuur, identifiseer SA Stamboek jaarliks die top jaarverslag. Hierdie erkenning plaas die Rade en bestuur van die Telersgenootskappe in die kollig, veral ten opsigte van effektiewe bestuur.
Die BESTE JAARVERSLAG gaan aan die BORAN BEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA.

Beste Jaarverslag
Die top mededingers vir 2025 was die SA Boerboel en die Santa Gertrudis Beestelersgenootskappe
SA Stamboek gee ook graag erkenning aan spesiale mense in die industrie. SA Stud Book also gives recognition to special people in the industry. Die President van SA Stamboek ken sedert 2018 die SA STAMBOEK PRESIDENTSTOEKENNING aan ’n persoon of instelling toe wat ’n verskil gemaak het in die wel en weë van SA Stamboek. Iemand wie se aksies lojaliteit teenoor Stamboek wys, en in belang van die Vereniging optree.
Die bewoording van die 2025 SA Stamboek Presidentstoekenning is soos volg:
Die President van die Suid-Afrikaanse Stamboek en Diereverbeteringsvereniging is in die bevoorregte posisie om erkenning te gee aan die persoon wat ons doelstellings ondersteun en so diep spore trap in die wel en weë van die Vereniging, die Stoetbedryf, Veeprodusente en die Suid-Afrikaanse Samelewing. Hierdie SA STAMBOEK PRESIDENTSTOEKENNING eer die ontvanger vir onbaatsugtige toewyding, integriteit en lojaliteit. Eienskappe en dade wat as voorbeeld dien vir ‘n ieder en elk wat deel vorm van die Stoet- en verwante bedrywe.
Dit is vir SA Stamboek se President, Uitvoerende Raad, Topbestuur en Personeel ‘n besondere eer om die 2025 SA STAMBOEK PRESIDENTSTOEKENNING toe te ken aan: PROF. ALMERO DE LANGE

Presidents Toekenning
Vir Koos Vosloo, president van SA Stamboek, en vir ons uitvoerende komitee, lede en personeel is dit
’n groot eer om die SA Stamboek 2025 Presidentstoekenning aan Prof. Almero de Lange toe te ken.
Almero de Lange is gedurende die sewentigerjare deur hierdie Vereniging gevra om ’n teoretiese grondslag vir die definisie van ’n nuwe ras voor te stel. Dit lê die grondslag in Veeverbeteringswet om nuwe rasse met voorwaardes vier generasies vroeër te erken as voorheen. Hy het egter ook die hoeksteen gelê om SA Stamboek in ’n baie gesogte posisie te plaas, en die grondslag daargestel vir ’n huidige generasie veekundige genetici en telers wat BLUP en verwante tegnologieë elke dag gebruik.
Dit is dan ook nie vreemd dat Professor Almero de Lange hier in Suid-Afrika bekend gestaan het as die “Vader van BLUP” nie. Prof Almero neem in 1984 die leisels toe hy tydens sy akademiese sabbatsverlof die eerste Suid-Afrikaner word wat hom instudeer oor hoe BLUP modelle gebruik kan word om die akkuraatheid van plaasdiere se genetiese meriete beter te voorspel as kontemporêre vergelykings by melkbeeste of prestasie-indekse by vleisbeeste en skape. Hierdie studiereis was ook moontlik gemaak deur SA Stamboek se ondersteuning. By sy terugkeer het hy onmiddellik werk gemaak om sy kennis te deel en die landskap daarvoor uit te brei. Hy nooi onder andere, met SA Stamboek se finansiële ondersteuning vir Professor Doyle Wilson (Iowa State Universiteit) uit om ’n groep van vyf nagraadse studente verder te skool om hulle studies in hierdie vakgebied te voltooi. Al hierdie studente het oor die jare ’n noue verbintenis met SA Stamboek en die veebedryf gehad. Drie studente voltooi hulle PhD grade (Prof Gert Erasmus, Dr Buks Olivier en Dr Kobus Delport) en twee hulle MSc grade (Dr Japie van der Westhuizen en Charl Hunlun) onder sy leiding of as direkte gevolg van sy baanbrekerswerk. Die gevolge hiervan was dat Suid-Afrika ‘n vroeë gebruiker van BLUP gemaak, selfs voor Europa en die Verenigde Koninkryk.
Alhoewel Prof Almero sy voete behoorlik vol gestaan het in die veebedryf, beide in praktyk en die akademie, wend hy ook sy talente aan vir landelike ontwikkeling en reis hy die res van die wêreld vol as vryskut-konsultant en word hy aangewend vir die evaluasie van navorsing- en akademiese programme. Almero is 64 jaar gelukkig getroud met Kotie de Beer van Brits. Hulle het vier kinders, ses kleinkinders en ses agter-kleinkinders.
Borge:
UNISTEL
STANDARD BANK
VLEISSENTRAAL
TELWIEDRE VOERE
PLAAS MEDIA
MEERKAT
FARMERS’ WEEKLY
DESIGN BIOLOGIX
HUMAN AUTO FORD
BLOEM SHOW
Spesiale dankie ook aan:
Die Landbou media vir die uitstekende dekking en ondersteuning en vir Monte Bello, Star Sound, Johan Norval Pietman Geldenhuys, Dr. Bobbie van der Westhuizen, Algemene Bestuurder/General Manager: SA Stamboek/Stud Book.
Bron: SA Stamboek