Categories: NuusPublished On: 5th June 2024

RPO: Weeklikse bees- en skaap markneigings

By 2 min read
352 words

meat-2602031_1920

Foto: Pixabay

BEES

SPEENKALWERS

Alhoewel die speenkalfprys week-op-week verder terug gesak het, is die prys steeds bykans 6% hoër op `n jaar-op-jaar grondslag. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde speenkalfpryse is daar `n 55% kans vir `n prys daling daling van Mei na Junie, maar `n 80% kans vir styging van Junie na Julie. Speentyd is steeds aan die gang en die verwagting is dat die prys redelik sywaarts sal beweeg vir die volgende maand voor dit begin styg.

BEESKARKASSE

Die prys van A- en C-klas karkasse het die afgelope week effens verbeter weens `n opleweing in die kleinhandelmark vir beesvleis wat oorspoel na die karkasprys. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde A2/3 karkas pryse is daar `n 70% kans vir `n prys daling van Mei na Junie, en `n 55% kans vir `n daling van Junie na Julie. A-klas karkasse behoort vir die volgende maand sywaarts te beweeg maar `n afwaartse neiging is moontlik, terwyl C-klas sywaartse beweging maar met `n opwaartse neiging kan toon.

SKAAP

STOORLAMMERS

Stoorlampryse het die afgelope week verder opwaarts beweeg, maar is steeds onder verlede jaar se prys. Die verwagting is dat die prys in die volgende maand moontlik verder kan styg aangesien die vraag die aanbod tans oorskry. Gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde stoorlamprys is daar `n 80% waarskynlikheid dat die prys in Junie hoër gaan wees as in Mei en 85% waarskynlikheid vir `n hoër prys in Julie as in Junie.

SKAAPKARKASSE

A2/A3’s se prys het in die afgelope week met 0,6% gestyg. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan ‘n laer aanbod en groter vraag in die mark, maar die ekonomiese druk op verbruikers plaas steeds ‘n demper op die vraag na skaapvleis. Die C2/C3’s se gemiddelde prys het die afgelope week met 2,5% gestyg weens ‘n sterker vraag in die mark. Die verwagting is dat pryse redelik sywaarts gaan beweeg in Junie voor dit gaan begin styg. Oor die langer termyn, gebaseer op die afgelope 20 jaar se gemiddelde A2/3 karkas pryse is daar `n 80% waarskynlikheid vir `n prysstyging van Mei na Junie en `n 90% kans vir `n prys styging van Junie na Julie.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0