Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 6th June 2024

Rovic se Quicke toerusting maak laaiwerk maklik

By 3 min read
516 words

IMG_3911 (1)

Henrik Nielsen van Quicke in Swede het produkte by Rovic se uitstalruimte by Nampo aan Suid-Afrikaanse boere bekendgestel.

Hendrik Nielsen van Quicke-laaigrawe in Swede het vanjaar se NAMPO by Bothaville bygewoon. Hy het die maatskappy, wat spog met meer as sewe dekades se kundigheid met laaigraaftoerusting, se produkte by hulle plaaslike verspreidders, Rovic, se stalletjie aan Suid-Afrikaanse boere bekend gestel.

Quicke se twee bekendste laaigrawe sluit die X-laaigraaf en Q-laaigraaf in.

Die X-laaigraaf is ‘n nutslaaigraaf vir alledaagse gebruik soos die hantering van bale en ligte materiaal. Volgens Henrik is die kleiner laaigraaf geskik vir die meeste laaibehoeftes op ‘n plaas.

Die laaigraaf is voorsien van ‘n parallelle koppeling vir volkome beheer oor die aanhegsel. Dit is ook beskikbaar met vering vir sagte aandrywing.

Die X-reeks is ‘n kleiner laaigraaf wat geskik is vir die hantering van bale en ligte vragte.

Laaigrawe in die X-reeks is geskik vir kleiner trekkers tot en met 120 pk. Die ontwerp van die laaigrawe vergemaklik werkverrigting ten einde so produktief en ekonomies as moontlik te wees.

Volgens Henrik is die groter, meer professionele Q-reeks meer geskik vir die voltydse, grootskaalse boer wat lang ure se harde werk van ‘n laaigraaf vereis. Die digitaal-geïntegreerde laaigraaf benut die trekker se potensiaal ten volle.

Die verskil tussen die twee reekse is dat die laaste van die groter laaigraaf op die spanningspunte van die balk gegiet en gesmee is om dit te versterk.

Die geronde ontwerp maak die werktuig geskik vir die meeste moderne trekkers. Jy kan mooi sien waar jy werk en ongemaklike hoeke hanteer.

Hulpmiddels soos die Q-Companion-skaal kan vinnig die aanhegtingstuk se inhoud weeg, die Q-reeks kan in ‘n kits met ‘n hidrouliese werktuigslot gekoppel of ontkoppel word sonder dat jy van die trekker hoef af te klim.

Die QCS-beheerstelsel met veelvuldige koppelings maak dit maklik om die volle werksdruk sonder sukkel te hanteer. Die laaigrawe is toegerus met ‘n meganiese beheerstok, maar vir die boer wat die toerusting voltyds gaan gebruik, word die elektriese beheerstok aanbeveel.

Die Q-reeks is ‘n groter laaigraaf wat toegerus is met die QCS-beheerstelstelsel met veelvuldige koppelings.

Iets nuuts vir die Suid-Afrikaanse mark is ‘n reeks aanhegsels wat geskik is vir alle groottes laaigrawe, van die een wat op die werf gebruik word, tot die bielie wat vir grondverskuiwing gebruik word, en die mediumgrootte wiellaaier.

Die aanhegsels is nie net geskik vir gebruik met Quicke se eie laaigrawe nie, maar ook vir gebruik met vooraanstaande handelsmerke.

Quicke se laaigrawe word gerugsteun deur sewentig jaar van toegewyde navorsing en ontwikkeling om aan te pas by veranderende landbouomstandighede.

Die Q-reeks is toegerus met ‘n meganiese beheerstok, maar vir ‘n boer wat heeldag en aldag die laaigraaf gebruik word ‘n elektriese beheerstok aanbeveel.

Alles wat Quicke doen – tot by die kleinste stukkie presisie-sweiswerk – is daarop gemik om die operateur se werkverrigting te verbeter, te vergemaklik en veiliger te maak met behulp van buitengewone kwaliteit en aandag aan die kleinste besonderhede.

Vir meer inligting oor die Quicke-reeks kan Rovic se landswye handelaarsnetwerk gekontak word. Besoek die webtuiste by  www.rovic.com vir meer inligting.

Quicke se nuwe toevoeging tot die mark is verskeie werktuie wat nie net op hulle eie laaigrawe pas nie, maar ook op ander handelsmerke.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0