Rovic hou jou boorde skoon met hulle Cima-spuite

IMG_9884
Wingerd-, sitrus- en pekanneutboere kan gerus by Rovic se stalletjie by NAMPO Kaap ’n draai gaan maak om meer uit te vind oor hulle Cima-spuite. Die spuite is veral gewild omdat hulle bome kan spuit wat tot 20 m hoog is.
John Rich, areabestuurder vir Rovic Noord-Kaap en Namibië, sê die Cima-produk kom vanaf Europa en word aangepas vir Suid-Afrika se omstandighede.
“Dit is een van die mees beproefste spuite in ons land. Wat die spuit verder gewild maak is dat as jy die regte basis gekoop het, jy eintlik enige spuitkop agterop die spuit kan sit. Die agterkant van die spuit kan deurentyd verander word om by jou behoeftes en boerdery in te pas,” sê John.

Hulle sleepspuite is beskikbaar in die 1000-,1500-, 2000 liter en hulle nuwe toevoeging tot die reeks is die 3000 liter. Die spuite kom ook in groot en klein waaiervolumes.
“Ons weet watter tenkgroottes kom by watter waaier. Daar is drie waaiergroottes met ’n deursnee van 450, 500 en 550 mm,” noem John.
Die tenk is gemaak van poliëtileen en die spuite het ’n sterk struktuur.
Rovic het kantore in Kaapstad en Johannesburg en dan ’n landswye handelaarsnetwerk. Besoek gerus hulle webtuiste by www.rovic.com vir meer inligting oor al hulle produkte.

