Rooiberg raak ’n oranje sukses

kubota 1
Sedert Rooiberg oranje begin word het, gaan dié plaas by Cradock net van krag tot krag. William Copeman sê sy vloot Kubota-trekkers het sy boerdery ’n groot hupstoot gegee, want hy kry nou meer gedoen met minder.
“Die Kubota’s se brandstofverbruik is net ongelooflik,” sê hy.
William het so vier jaar gelede begin oorskakel na Kubota as gevolg van die prys en die voordele wat die natkoppelaarstelsel bied en hy sê hy is nog nie een oomblik spyt nie.
“Die algemene doeltreffendheid van die trekkers en die ondersteuningsdiens wat ek van die Kubota-handelaar in Cradock, Fatty’s Mechanical Repairs, kry, het ’n groot verskil in my boerdery gemaak,” sê William.
Daar is baie eienskappe wat Kubotatrekkers spesiaal maak, soos die natkoppelaarstelsel. Die kragoordrag sluit ’n 4-spoed konvensionele volgesinkroniseerde ratstelsel met ’n 2-spoed strek en opsionele kruiprat in. Die operateur kies die spoed waarteen die trekker moet beweeg met ’n normale rathefboom, maar die slim ontwerpers het veelplaat-natskyfaandryfkoppeling ingewerk om krag oor te dra na die wiel- en kragaftakkerstelsel. Dit skakel die normale droëplaatkoppelaar uit en beteken dat die trekker baie meer doeltreffend werk. William het twee Kubota M8540’s,
’n Kubota M9540 en dan het hy ook onlangs die stewige M130X aangekoop. Hy sê hy is baie beïndruk met die verhouding tussen die kraguitset en gewig en die brandstofverbruik van die kleiner trekkers. Die M9540 van 73 kW word byvoorbeeld onder meer gebruik om ’n 4-ry geenbewerkingsplanter te sleep, met werkverrigting ver bo verwagting, en hy verwag dieselfde uitstekende prestasie van die M130X. Die M130X is wêreldwyd een van Kubota se beste verkopers en dit is een wonder nie. Met sy 96,9 kW onder die kap, gevorderde bestuursbeheer en buitengewone veelsydigheid, sal die M130X voorwaar sy plek op die plaas volstaan om die wa deur die drif te trek, of in hierdie geval die baler, tapkar en skeurploeg, indien nodig, te laat werk.
Voermaak speel ’n groot rol op Rooiberg met aangeplante weidings en lusern wat gevestig en gesny moet word vir die Angorabokke en skape. William sê daar moet baie beweeg word op die plaas en dit is waarom brandstofverbruik vir hom so belangrik is. Deur die plaaslike studiegroep kon hy verskillende trekkers se doeltreffendheid met betrekking tot take soos baalwerk en tapkarsleep vergelyk – en daar is net niks wat Kubota kan klop wanneer loopkoste in verhouding tot kW gemeet word nie.
Met die M130X kry hy ’n 4-silinder V6108 drukbuisenjin met direkte inspuiting, turbo-aanjaer en interverkoeler. Dit het 16 vorentoe- en 16 truratte met al die voordele van ’n hidrouliese veelplaat-natskyfaandryfkoppeling.
Kyk en lyk mooi
Die M130X se lugversorgde kajuit bied ’n reg-rondom-uitsig met versteekte pilare en nou nog meer glas om die raamlose deure. Die ruitveer, wat van onder af skarnier, maak die glas skoon tot reg bo die voorwiele. Die groot, ronde modderskerms wat van duursame FRP (veselversterkte plastiek) gemaak word, bied nie net bykomende beskerming teen modder, stof en enige ander vlieënde materiaal nie, dit laat die trekker ook mooi vaartbelyn lyk.
William sê: “Benewens die doeltreffende werkverrigting van die trekkers en die uitstekende diens wat ek ontvang, is ek ook beïndruk met Kubota se aandag aan fyn besonderhede. ’n Mens kan sien dat die toerusting ontwerp word deur mense wat verstaan wat ’n boer nodig het.”
Vir meer inligting oor Kubota se volledige reeks oranje wenners, kontak Robert Keir by 011-284-2024 of robertk@smithpower.co.za, of besoek www.kubotasa.co.za.

Die Copeman-gesin van Cradock, Vanessa, Rebecca, Mark en William, is ingenome met hulle Kubota-trekkers.