Rommelstatus laat brandstofpryse styg

brandstof
Brandstofpryse in Suid-Afrika gaan styg as gevolg van die rand se verswakkende waarde teenoor die Amerikaanse dollar. So sê die AA in hulle kommentaar op die ongeouditeerde middel-maand brandstofpryse wat deur die Sentrale Energiefonds bekendgemaak is.
Petrol gaan vermoedelik met 55c per liter in Mei, diesel met 39c per liter en paraffien met 41c per liter styg.
“Die verlies aan vertroue vanaf die beleggers en die rommelstatusgraderings deur Fitch en S&P het gelei tot die rand wat so erg teen die Amerikaanse dollar verswak het. Dit was R12,35 aan die begin van die maand en is nou rondom R13,40,” sê die AA.
“Dit is nog ‘n rukkie tot maandeinde en daar is nog nie sekerheid dat die impak van die rommelstatus wel brandstofverhogings tot gevolg gaan hê nie.”
Bron: AA