Revaro bring vindingryke en bekostigbare landboutoerusting na NAMPO

Revaro_NLS_April20235
Revaro is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy wat ‘n wye reeks landboutoerusting en oplossings aan boere bied. Hulle verskaf masjinerie soos wiellaaiers, laaigraaflaaiers, vurkhysers, mini-graafmasjiene, spoorstuurlaaiers asook kragopwekkers en ander boerdery-toerusting. Die maatskappy is gefokus daarop om boere toegang tot bekostigbare tegnologie te gee.
Boonop bied Revaro ook opleiding en ondersteuningsdienste aan hulle kliënte. “Dit word moontlik gemaak deur ons landwye handelaarsnetwerk wat boere help om hul produktiwiteit en winsgewendheid te maksimeer. Ons mikpunt as ‘n maatskappy is om oor die algemeen boere te voorsien van die gereedskap en kennis wat hulle nodig het om sukses in die landboubedryf te behaal,” vertel Michelle Momberg, bemarkings koördineerder vir Revaro.

Besoek Revaro by NAMPO
Boere het hierdie jaar weer die geleentheid om Revaro te besoek tydens NAMPO 2023. “Laas jaar se NAMPO Oesdag 2022 was ‘n groot sukses vir ons, selfs met al die veiligheidsmaatreëls rondom COVID-19,” onthou sy. “Maar hierdie jaar mik ons om nog ‘n groter sukses te maak!”
Oor wat mense te wagte kan wees, vertel Michelle opgewonde: “Hierdie jaar is daar meer masjiene, beter pryse en ‘n groter verskeidenheid van aanhegsels.
Revaro se toerusting kan besigtig word by standplaas H13.
Soos beloof in hulle leuse kan kliënte verwag om ‘bekostigbare innovasie’ tydens die ekspo te sien. “Ons slagspreuk pas so goed in met die tema van NAMPO 2023 van innoverende landbou. Ons is baie trots daarop dat ons hierdie jaar nog ‘n groter verskeidenheid produkte ten toon kan stel. Ons wil graag uitwys wat die spesifieke aanhegsels is wat elke masjien ‘n multi-funksionele masjien maak.”
Die kenmerke wat Revaro se toerusting eerstens so innoverend en tweedens bekostigbaar maak is die verskillende aanpasbare aanhegsels wat by die masjiene gevoeg kan word. “Dit is baie belangrik dat ons ons kliënte inlig en opvoed oor die veelsydigheid wat hulle met ‘n enkele masjien en handige aanhegsels kan kry,” vertel Michelle.
Revaro kliënte kan ook verseker wees van getroue kliëntediens deur ‘n nasionale handelaarsnetwerk en volledig toegeruste onderdele-afdeling. “Klante kan op hulle gemak wees met die wete dat, ongeag waar hulle is, ‘n goedgekeurde Revaro-handelaar, werktuigkundige en belangrike onderdele orals beskikbaar is.”

Die toerusting wat jy by NAMPO 2023 kan verwag
Toerusting wat besigtig kan word by NAMPO sluit in:
Revaro T-REX936T Teleskopiese laaigraaf
Revaro het ‘n 3 ton Teleskopiese laaier ingebring wat boere die versekering gee dat hulle 2 ton voer kan laai terwyl die balk heeltemal uitgerek is.
Revaro SS550 wiellaaiers
Die Revaro wiellaaiers is ideaal vir die skoonmaak van hoenderhokke. Die klein raam stel die boer in staat om toegang te verkry tot klein spasies.
Revaro T-REX spoorstuurlaaiers
Hierdie bulletjie is binnekort ook beskikbaar in die Revaro-stal. Sy aankoms sal aangekondig word tydens NAMPO, maar dit sal eers na die geleentheid beskikbaar wees.
Besoek Revaro se standplaas tydens NAMPO Oesdag om al die handige toerusting in lewende lywe te sien. Om ‘n handelaar in jou area te vind, sien gerus die netwerk lys op hulle webtuiste www.revaro.co.za/dealers.