Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 22nd September 2026

Span Ronin System Solutions in vir bewese en akkurate saad-planting

By 3 min read
530 words

NAM00170

Hexagon-outostuur hou enige trekker in lyn op die landery.

Elke saad is van onskatbare waarde. Van die eerste plantaksie tot die laaste meting moet ’n boer weet waar sy graan is, hoeveel saad geplant moet word en hoe alles lynreg kan verloop. Dit is waar Ronin System Solutions uitblink: die onderneming bied die toerusting waarmee boere graan, saad en meer akkuraat kan tel en plant.

Gerrit Meyer, Ronin System Solutions se verkoops- en bemarkingsbestuurder vir Mpumalanga, het by vanjaar se NAMPO Kaap gesê die onderneming bied stelsels vir elke boer. Hy verwys na stuurstelsels wat enige trekker in lyn hou, asook planterbeheer- en monitorstelsels wat die plantseisoen presies bestuur.

“Of jy nou ’n Case-, John Deere-, New Holland- of Claas-trekker het, die sagteware is só ontwikkel dat dit op enige trekker werk. Jy kan jou kaarte inlees en veranderlike toediening (variable rate) toepas.”

ʼn Stuurstelsel vir elke soort trekker

Trekkers verskil. Sommige beskik oorbasiese toerusting gekoop; terwyl ander ouer is en nie moderne tegnologie het nie, hoewel hulle meganies nog uitstekend werk. Ronin System Solutions verstaan dat ’n nuwe trekker nie altyd ’n praktiese opsie is nie.

Om dié rede stel die onderneming voor dat boere derdeparty-stuurstelsels installeer. Hierdie stelsels gebruik die globale posisioneringstelsel (GPS) om bestuurders reguit te laat ry of die trekker outomaties te stuur.

“Die Hexagon TI7- en TI5-stuurstelsels bied ideale namark-outostuuroplossings vir trekkers sonder ingeboude stelsels. Die toerusting is van toepassing op die boerdery se behoeftes: van ’n basiese ligbar op die kompakte TI5 tot volledige ISOBUS-funksionaliteit en RTK-akkuraatheid (Real-Time Kinematic) op die TI7. Met geïntegreerde beheer oor spuit-, seksie- en veranderlike toedienings neem boere volle beheer van hul landerye,” sê Gerrit.

Die Ronin reeks van produkte sluit ook Dickey-John- en Agrosystems-plantermoniteringstelsels in.

“Die MP36-skerm uit Brasilië monitor tot 36 rye vir enige saad- en kunsmiskombinasie. Buigsame kunsmissensors (32 mm of 45 mm) en Dickey-John-saadsensors pas by die planter se pypgrootte aan. ’n Slim vloeisensor wys ook die intydse saadvloei per ry vir gewasse soos koring.”


Gerrit Meyer, Ronin System Solutions se verkoops- en bemarkingsbestuurder vir Mpumalanga.

Nuwe stuurstelsels op die mark

Ronin System Solutions het vanjaar ook die CHCNAV-stuurstelsel bekend gestel. Dit is ’n volledige outostuurstelsel wat met ’n RTK-korreksiesein werk.

Gerrit verduidelik dat die stelsel met basisstasies werk: “Met jou eie RTK-basisstasie skakel jy deurlopende seinkoste uit en koppel jy verskeie trekkers gelyktydig aan een stelsel. Dié robuuste basisstasie van konstruksiegehalte het ’n kragtige opvangreikwydte van tot 30 km. Dit verseker ’n betroubare, steuringsvrye sein sonder ekstra herhalers (repeaters).”

Die onderneming installeer toerusting wat ’n trekker se posisie so akkuraat moontlik hou.

Verdere oplossings vir die landboubedryf

Dickey-John se strooiertoepassings bied meer as net outostuur. Die stelsels is veral gewild vanweë hul akkuraatheid en universele integrasie met ISOBUS.

Gerrit sluit af: “Die Dickey-John-strooiertoepassing is universeel met enige ISOBUS-trekker versoenbaar, van John Deere en Case tot New Holland en Claas. Dit lees jou kaarte onmiddellik in vir akkurate veranderlike toediening, ongeag jou trekkervloot.”

Toerusting wat ’n trekker in lyn hou, bied veel meer as GPS wat bloot die trekker se posisie op ’n landery aandui.

Kontak Ronin System Solutions by 011-608-3666 of stuur ’n e-pos na office@thisisronin.com vir meer inligting oor die onderneming se outostuurstelsels en plaastoerusting. Besoek ook www.thisisronin.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0