Categories: Artikels, Gewasproduksie, KunsmisPublished On: 7th May 2026

Resultate wat jy kan sien met Elim en BRANDT se produkte

By 3 min read
646 words

NAM03337

By Elandsvallei Sitrus in die Ohrigstad-omgewing, het Ian Otto, die plaasbestuurder, saam met sy span ’n unieke uitdaging aangepak. Die plaasgedeelte wat aan wild toegewy word, is in die berge en het volop water – en daarom het hulle ’n opwindende nuwe projek begin met die aanplanting van naartjiebome. Die idee was eenvoudig: bring die water af en begin die projek onder.

Die enigste groot uitdaging vir die plaas se twee nartjie-variëteite, RHM en AR9, is die koue. Die variëteite se seisoen strek van Junie tot Julie – net voor die ergste koue inskop. Daarom is die bestuur van temperatuur asook blaarvoeding noodsaaklik. Elim Fertilizers en BRANDT se produkte is reeds bekend op die plaas en is nou ’n permanente deel van die boerdery se spuitprogram.

’n Volledige program met Elim en BRANDT

Gerhard Oosthuizen van OostAgri Landboudienste tree op as landboukundige en adviseur vir Elandsvallei Sitrus. Hy help met bemesting en chemiese programme om die oeste op die bome te sit. Volgens hom gaan dit oor die versoenbaarheid met en die sigbare resultate wat Elim se produkte lewer.

Op jong bome van net vier jaar oud sien hulle reeds die waarde: lowergroen blare, sterk drag en vrugte van uitstekende gehalte.

Ian Otto, plaasbestuurder van Elandsvallei Sitrus.

Die algemene spuitprogram volg ’n streng ritme:

  • Ná die koue in Julie aanbreek, begin hulle met Ureum en Greenleaf van Elim.
  • Twee tot drie weke later, wanneer die nuwe groei volwasse is, Manni-Plex Zn, Manni-Plex B en BRANDT Smart Cu en Afrikelp gebruik.
  • Voor blom, sowat vyf weke later, word daar weer op Greenleaf toegedien vir energie en blomkrag, wat aangevul word deur ’n tweede rondte boor en sink.
  • Ná vrugset, wat in ongeveer week 16 plaasvind, volg ’n derde bespuiting met Manni-Plex Zn, Manni-Plex B, Manni-Plex Mg en Afrikelp om fotosintese en dryf te versterk.
  • Afhangend van die seisoen, kan ’n toediening van kalium met boor saam Greenleaf-energie ook ingespan word.

Hierdie intensiewe program werk juis omdat die Elim- en Brandt-reeks so goed mengbaar is met chemie. Dit spaar koste, tyd en verseker dat elke spuitbeurt maksimum effektiwiteit lewer.

Resultate wat vertroue bou

Ian vertel dat die plaas twee jaar gelede ’n terugslag gehad het toe ’n koue tydperk van -12 °C die bome kaal en verniel gelaat het. Twee seisoene later staan die bome weer sterk – as gevolg van die gebruik van die Elim-reeks – met Greenleaf wat veral energie teruggebring het. Vandag word snoei en breek met die hand gedoen, en die drag is indrukwekkend: meer as 35 ton op RHM en tot 50 ton op AR9, en dit op bome wat nog baie jonk is.

Die tegnologie in die produkte maak ’n beduidende verskil. Greenleaf se benatting help opname versnel, en die reaksie op die bome is duidelik sigbaar.

Elim se kultuur van omgee

Volgens Pierre Strydom, Elim se nasionale verkoopsbestuurder, gaan dit nie net oor produkte nie maar oor ’n omgee-kultuur by Elim.

“As jy moeite doen vir jou kliënte, maak jy ’n verskil,” sê hy.

Mengbaarheid en opneembaarheid is kernpunte vir Elim, en die bewyse is daar: geen kristalle vorm op die blare nie en daar is geen antagonisme met chemie nie – net vinnige opname en optimale voeding.

Elim kyk ook vorentoe met nuwe tegnologie wat op fotosintese fokus. Pierre verduidelik as hulle die fotosintese kan verhoog, kry jy meer suikers, hoër Brix en verbeter die interne gehalte van die vrugte. ’n Nuwe produk, Maniplex Zinc Mag is spesifiek ontwikkel om fotosintese en weerstand te verbeter.

By Elandsvallei Sitrus doen die resultate die praatwerk, jong bome met krag, groen blare en tonne vrugte. Elim en BRANDT se produkte bring nie net voeding nie, maar ook vertroue – vir boere, adviseurs en die gemeenskap. Dit is hierdie kombinasie van tegnologie, mengbaarheid en ’n kultuur van omgee wat die verskil maak.

Vir meer inligting oor Elim en BRANDT se produkte, besoek die webtuiste by elimfertiliser.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0