Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 16th April 2025

Reinke kan nie wag om jou by NAMPO te sien nie

By 2 min read
341 words

Centre Pivot2

Die Reinke Afrika-span is sommer baie opgewonde om weer by NAMPO te wees hierdie jaar. Voorbereiding het al maande gelede begin en hulle sien daarna uit om weer saam met al hulle bestaande klante te kuier en sommer ‘n paar nuwes ook by te kry.

By Reinke koop jy nie net ‘n spilpunt nie; vir die Reinke Afrika-span is die gesondheid van jou gesaaides net so belangrik soos vir jou. Daarom stap Reinke elke tree saam met jou, van die beplanning tot installasie, opleiding en naverkopediens. Voordat jou spilpunt op jou plaas aankom, word elke bout en elke pyp twee keer nagegaan om te verseker dat jy alles het wat jy nodig het en dat dit op standaard is.

Dit is hierdie noukeurigheid wat maak dat Reinke al jare lank ‘n betrouebare vennoot vir boere regoor Afrika is.

Reinke weet ook dat elke boer se besproeiing uniek is, daarom het hulle ‘n wye reeks besproeiingsoplossings om aan jou vereistes te voldoen en bly hulle deurgaans aan die voorpunt van tegnologie en vernuwing om vir jou net die beste te bring.

Die Reinke-stalletjie by NAMPO is al sedert 2018 ‘n gewilde stopplek vir skougangers, en hierdie jaar gaan daar geen verskil wees nie. Die span sal van 13 tot 16 Mei by NAMPO Bothaville wees om al jou vrae te beantwoord en jou aan hulle topklas-tegnologie soos Reinke se enjinaangedrewe mini-spilpunt , die AL-struktuur, Sharkwheels en CropX voor te stel. Reinke het die beste spilpunte op die mark  veral die gewig tot sterkte verhouding.

Vanjaar is daar ook groot aanbiedinge by Reinke se NAMPO-stalletjie, G13 en 14. Jy kan ‘n Sharkwheel huis toe vat vir R15 000 per wiel, BTW uitgesluit, of die CropX teen R17 000 per sensor, BTW uitgesluit. Hierdie is natuurlik terwyl voorraad hou.

So wanneer jy vanjaar die NAMPO-grond betree, maak seker dat Reinke sommer een van die eerste stalletjies is wat jy besoek.

Indien jy wil nie kan wag tot NAMPO nie, kan jy die Reinke-kantoor kontak by 087 654 5828, of ‘n ‘n e-pos aan patrickellis@reinke.com stuur. Besoek ook die Reinke-webtuiste www.reinke.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0