Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 6th June 2025

Reinke – die naam vir besproeiing wat werk

By 2 min read
449 words

reinke 1

Patrick Ellis, besturende direkteur van Reinke Afrika, hard aan die werk by die Reinke Afrika-kantoor.

Die wêreld se grootste private vervaardiger van spilpunte en bewegende besproeiingstelsels is Reinke Manufacturing. Hulle fokus op die bou van gehalte besproeiingstelsels en die volhoubaarheid van jou boerdery, nie net op die geld in hulle sak nie.

Sedert 1968 vervaardig hulle reeds spilpunte en besproeiingstelsels wat pasgemaak is vir elke boer, met die klem op die nuutste tegnologie en vooruitgang van boerdery. In 2016 het hierdie gehalte produkte en toewyding aan besproeiing oorgevloei na Suid-Afrika met die opening van Reinke Afrika.

Reinke Afrika

Reinke Afrika verskaf besproeiingstelsels aan boere regoor Suid-Afrika sowel as Afrika, in lande soos Botswana, Namibië, Zimbabwe en Zambië.

Die maatskappy het aanvanklik hulle bedrywighede vanuit Durban hanteer en in 2017 ‘n pakhuis gebou om onderdele en stelsels vir Afrika-kliënte te berg. Dit het vinniger aflewering moontlik gemaak omdat dit naby die hawe was.

In 2022 het Reinke Afrika hulle hoofkantoor en pakhuis na Potchefstroom verskuif om ‘n meer sentrale ligging vir diens in die binneland te verseker. Dit het hulle ook in staat gestel om meer binnelandse boere te kan help.

Met die skuif na Potchefstroom het hulle ook die geleentheid gebruik om hulle perseel te vergroot en hulle kan dus nou meer produkte aanhou om die wagtyd vir boere drasties te verminder.

Reinke se mense is baie deeglik en wanneer ‘n produk by hulle verpak word, is daar gevestigde prosesse om te verseker dat elke moer of bout ingesluit word sodat boere hulle Reinke-stelsels vining en moeiteloos kan opslaan en aan die werk kan kry.

Die Reinke Afrika-span sit koppe bymekaar om probleme op te los.

Reinke se dienste

Buiten die gehalte produkte wat Reinke lewer, is hulle ook baie gesteld op die diens wat hulle aan boere lewer.

Met ‘n span van tegniese personeel en diensingenieurs staan hulle jou by tydens die ontwerp en installasie van jou stelsel en bied hulle ook die naverkopediens en ondersteuning om elke boer tevrede te stel.

Hier is opleiding ook ‘n prioriteit en die Reinke -personeel en -agente word deeglik opgelei om installasies suksesvol te voltooi en alle moontlike probleme op te los.

Aan die stuur van hierdie dinamiese span is Patrick Ellis, die besturende direkteur van Reinke Afrika.

Reinke-produkte

Reinke het ‘n wye reeks besproeiingsprodukte, maar het deur die jare ‘n naam vir hulleself gemaak met vernuwende produkte soos die Sharkwheel, ESAC, die enjinaangedrewe minispilpunt en CropX.

Reinke se stelsels is versoenbaar met enige spilpunthandelsmerk, en onderdele is beskikbaar by landboukleinhandelaars regoor Suid-Afrika.

Die maatskappy lê die klem op doeltreffende watergebruik, veral in waterskaars streke, en ondersteun boere met oplossings soos sonkragstelsels en afstandmonitering deur ReinCloud-sagteware.

Vir navrae oor enige van Reinke se produkte of dienste, kontak Patrick Ellis by +27-(0)31-350-4525 of salesrsa@reinke.com.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0