R100 miljoen vir BEK-entstof in Wes-Kaap

cattle-vaccination-FMD_Jasper-Raats
Foto: Jasper Raats
Die Wes-Kaapse regering het R100 miljoen bewillig om bek-en-klouseer entstof te bekom om die uitbreking van die siekte in die Wes-Kaap te help bekamp.
Marais Kruger, uitvoerende burgemeester van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, het die proaktiewe stappe van die Wes-Kaapse regering om die verspreiding van die siekte te bekamp verwelkom.
Wes-Kaapse premier Alan Winde en landbouminister dr Ivan Meyer, het vanoggend (Maandag 9 Februarie) die aankondiging gemaak.
Die provinsie is daartoe verbind om nou saam met die Nasionale Landboudepartement te werk om seker te maak die inentings word doeltreffend gedoen ten einde te voorkom dat enige onbekende stamme van die siekte die provinsie binnekom of hier ontwikkel.
“Die permitstelsel wat moet voorkom dat diere geskuif word, sal binne dae streng toegepas word,” lui die verklaring.
Die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum het ‘n 21-punt aksieplan voorgelê ten einde te verseker dat die verspreiding van die siekte onder beheer gebring word.
Kruger het gesê hy ondersteun die oproep tot vinnige optrede. Dit sluit in, maar is nie beperk tot:
- Die toepassing van ‘n 10km radius van biosekerheids-beheermaatreëls by alle toegangspunte;
- Beperking van die beweging van diere en voertuie;
- Behoorlike ontsmetting van toerusting en voertuie;
- Geen toegang vir ongemagtigde persone tot plase nie.
Die bekamping en uitwissing van siektes vereis ‘n gesamentlike poging wat in die beste belang van werksgeleenthede en die ekonomie uitgevoer word. Die landbousektor, wat jaarliks sowat R14 miljard tot die Wes-Kaap se ekonomie bydra, is kritiek vir die provinsie e ekonomie.
Kontakbesonderhede
Dr Leana Janse van Rensburg, Staatsveearts (George)
083-797-0010 of Leana.JanseVanRensburg@westerncape.gov.za
SVGeorge@westerncape.gov.za
044-803-3770/1
Dr C Fox, Staatsveearts Dieregesondheid (Oudtshoorn)
082-699-6043 of Cathy.Fox@westerncape.gov.za
DOA.svoudtshoorn@westerncape.gov.za
044-203-9443/5
Hulle sloer nie en DOEN wat hulle moet. Sterkte