Quardsen Beefmaster se 17 de veiling is om die draai: Maak gereed vir die beste Beefmaster-genetika

Advertensie Quardsen
Quardsen se 17 de produksieveiling is om die draai en vind 17 Julie 2025 plaas waar beesboere uitstekende genetika kan besigtig en koop.
Hoekom Quardsen Beefmaster?
Die leuse waarby Riana de Beer, eienaar van Quardsen Beefmasters staan het ook deur gesyfer na Quardsen Beefmasters se beleid waarvolgens sy haar kudde meet. “’n Koei moet elke jaar ’n sterk, goeie kalf gee, want dit is reg, as sy nie kan nie, dan is sy weg,” verduidelik Riana met erns.
Dit verseker dat die diere ’n streng seleksieproses deurgaan om hul vrugbaarheid en aanpasbaarheid te bevestig. Daar word dus op streng kommersiële en ekstreme toestande met die Quardsen diere geboer om te verseker dat die diere in die toestande kan presteer en net die beste gehalte diere gelewer word.
“Want ’n dier wat nie aanpas nie, is ongelukkig en ’n ongelukkige dier sal nie vat nie.”
Haar diere presteer onder enige toestande en is die beste gehalte diere. Beefmaster beeste was haar keuse omdat hulle vrugbaar is en swaarder speenkalwers het. Verder het ‘n Beefmaster bees goeie aanpasbaarheid en temperament en daarom is dit lekker vir Riana om met die uitsonderlike ras te boer.
Hier is ‘n paar van die top bul-lotte wat beslis gemerk kan word!
- LOT 1 – QR220055
- LOT 3 – QR220030
- LOT 5 – QR220013
- LOT 8 – QR220100
- LOT 11 – QR220021
- LOT 12 – QR210086
- LOT 15 – QR220045
- LOT 20 – QR220090
- LOT 25 – QR220007
- LOT 31 – QR220094
As jy ook ‘n bees met ‘n goeie temperament soek besoek haar veiling om van die beste Beefmasters aan te koop. Quardsen Beefmaster verseker ook kopers van akkurate en betroubare syfers met goeie rekordhouding.
Kontak Riana de Beer by 082-770-2757 vir meer inligting oor die veiling.