Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 4th June 2025

PTx: Die nuwe naam in presisieboerdery wat boere bemagtig

By 3 min read
682 words

1747290863120

alAGCO se PTx-uitstalling tydens NAMPO vanjaar.

Die wêreld van presisieboerdery ontwikkel vinnig, en AGCO is aan die voorpunt met hulle nuwe tegnologievaandel: PTx – oftewel “Precision Technology Exponential”.

Maar wat beteken dit vir die Suid-Afrikaanse boer? Emile Renke van AGCO het by NAMPO verduidelik wat PTx behels, hoe dit werk en hoe dit boerdery slimmer, vinniger en meer winsgewend maak.

Wat is PTx?

PTx is meer as net ՚n nuwe naam – dit is ՚n volledige geïntegreerde tegnologie-aanbieding wat AGCO se presisieboerdery-oplossings onder een dak saambring. Dit sluit onder meer PTx Trimble en PTx Precision Planting in.

“PTx staan vir presisieboerdery (P) en gevorderde tegnologie (T) wat die positiewe impak op jou boerdery eksponensieel (x) verhoog,” verduidelik Emile. “Ons wil hê ons handelaars moet ‘n eenstopwinkel wees vir boere se presisiebehoeftes – van slimskerms en GPS-stelsels, tot planters, spuit- en waterbestuurtegnologie.”

Emile Renke van AGCO PTx verduidelik hoe presisiekunsmis-toediening werk deur ISOBUS en die voordele wat dit bied.

 

PTx Trimble: Tegnologie vir enige trekker

Een van die grootste voordele van PTx Trimble is dat die produkte “kleurblind” is – dit pas op enige trekker of werktuig, ongeag die handelsmerk. Boere hoef dus nie hulle hele vloot te vervang om voordeel te trek uit gevorderde tegnologie nie.

PTx Trimble bied verskillende GFX-skerms aan, wat aanpasbaar is by enige boerdery:

•GFX-350: Outomatiese stuurbeheer en twee produkte se wisselende toediening met 24 eenhede seksiebeheer.
•GFX-1060 (gewildste van alAGCO mal): Outomatiese stuurbeheer, vier produkte se wisselende toediening en tot 256 eenhede seksiebeheer.
• GFX-1260 (vlagskip): Outomatiese stuurbeheer en tot ses produkte se wisselende toediening en tot 256 eenhede seksiebeheer.

Saam met die skerms bied PTx ook GPS-opsies:

• NAV-500: Akkuraatheid van 30 cm.
• NAV-900: Akkuraatheid tot 2,5 cm – geskik vir presisieplant of -spuitwerk.

“Die lekker van ons stelsel is dat jy enige kombinasie van skerm en GPS kan kies wat by jou begroting en behoeftes pas,” sê Emile.

Weedseeker 2: Spuit net waar dit nodig is

Een van die opwindendste tegnologieë onder PTx Trimble is die Weedseeker 2, ՚n gevorderde kolbespuitingstelsel. Elke spuitkop kry ՚n sensor wat groen in die ry kan opspoor. Sodra die sensor iets groen sien, spuit dit. As daar niks is nie, word daar niks gespuit nie. “Hierdie ‘groen-op-bruin’ tegnologie kan tot 90% op chemiese koste bespaar,” verduidelik Emile. Die stelsel is ISOBUS-versoenbaar en pas op enige spuit – weereens maak nie saak wat die handelsmerk is nie.

PTx Precision Planting – Gebou vir boere, ontwerp vir planters

PTX Precision Planting is wêreldwyd bekend vir sy uitmuntende saadplasing en interryspasiëring. Hierdie pasgemaakte oplossing is standaard beskikbaar op die meeste Massey Ferguson-planters en kan ook kleurblind op enige ander planter geinstalleer word en bestaan uit:

• ՚n Beheerskerm,
• Elektriese motors vir saadbeheer, en
• Seksiebeheer per ry word moontlik gemaak deur die individuele motors
• Opsionele ekstra’s soos “down force”, “good-ride”, “smart-firmer” kan ook op enige stadium bygevoeg word.

“Wat uniek is, is dat die planter outomaties die snelheid en intensiteit aanpas rondom draaie of kontoerlyne om jou optimale plantestand te verseker,” sê Emile.

PTx ISOBUS-toepassingbeheer – Oud ontmoet nuut

Met Müller ISOBUS oplossings in die PTX Trimble-portefeulje, kan AGCO enige werktuig – oud of nuut – ISOBUS- vaardig maak. Dit stel boere in staat om presiese toediening uit te voer, ongeag hulle trekker se hidrouliese vermoëns. Jy kies: elektries of hidroulies.

PTx Waterbestuur – Waar elke druppel tel

Trimble is wêreldleiers in waterbestuur, en PTx bied twee hoofoplossings:

• Gelykmaak van lande: Maak lande gelyk om versuiping te voorkom of water optimaal af te voer.
• Ondergrondse dreinering: Lê dreineringspype om oortollige water vinnig te verwyder – veral belangrik in swaar reëngebiede.

Besluit self – Jou stelsel, jou tempo

Die kern van PTx is aanpasbaarheid en toeganklikheid. Boere kan klein begin en hulle stelsel uitbrei soos hulle boerdery groei. Van presisieplant en slim spuit, tot gevorderde waterbestuur – PTx bied oplossings wat regtig werk, sonder om jou aan een trekker of handelsmerk vas te bind.

“Met PTx is jy nie beperk tot een stelsel nie – jy bou jou eie oplossing, teen jou eie pas, en op jou eie plaas.”

Vir meer inligting, besoek gerus die PTx Trimbleof PTx Precision Planting-webtuistes by www.ptxag.com, volg PTx op sosiale media of besoek jou naaste AGCO-handelaar vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0