Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 12th February 2025

ProAgri SA 300

By 2 min read
310 words

Proagri_300_Feb2025_Internal Link_Cover

Liewe ProAgri-lesers,

Dink net – in November/Desember 1994 kon jy die heel eerste uitgawe van ProAgri vir slegs R3,20 koop! Vandag sou dit jou skaars ’n suigstokkie of ’n los aartappel by die groenteman kon koop.

Maar hier is die werklike verrassing: ná 30 jaar en 300 uitgawes is ProAgri steeds in die hande van boere – en word nou steeds GRATIS aan ons boere regoor die land versprei! Nie net het ons ons verspreiding uitgebrei nie, maar ons bemarkingsdienste en digitale platforms, insluitend ons  videografiedienste, het ook gegroei om nóg beter aan die behoeftes van die landbousektor te voldoen. Dit is ’n mylpaal wat ons nie sonder julle, ons lojale lesers en ondersteuners, sou kon bereik nie! Lees meer op bladsy 19 oor hoe ProAgri oor die jare gegroei het, waar ons begin het, waar ons vandag is, en opwindende nuus oor ons toekomsplanne!

As ons aan groei dink, verwelkom ons met groot opgewondenheid ‘n ou bekende terug in ons span – Jaco Cilliers! Sy liefde vir landbou en sy ervaring binne ProAgri maak hom ’n waardevolle toevoeging, en ons sien uit na sy insette in ons toekomstige projekte.

Ons het hierdie jaar op ’n hoë noot afgeskop met geesdriftige boeredae by Ermelo en Balfour Hooidag. Hier het ons eerstehands gesien hoe boere se deursettingsvermoë en vernuwing die landbousektor vorentoe dryf. Die insigte en tegnologie wat daar gedeel is, het weer bevestig hoekom landbou die ruggraat van ons ekonomie bly. Lees ook meer oor die hoogtepunte van hierdie dae in dié uitgawe.

Met hierdie 300ste uitgawe vier ons nie net ons geskiedenis nie, maar ook die pad vorentoe – ’n pad vol groei, vernuwing en nog baie opwindende projekte. Dankie dat julle, ons lesers en vennote, hierdie reis saam met ons stap. Mag ons saam nóg 300 uitgawes van boeretrots en landboupassie beleef!

ProAgri-groete,

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1