Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 13th April 2023

ProAgri SA 278

By 2 min read

Voorblad_proagri_278_april_2023

Landbou maak gereed vir NAMPO!

Die afgelope paar weke was ek by verskeie landbouskoue, boeredae en inligtingsessies en dan kom ‘n hoogtepunt van die jaar: ons is op pad
NAMPO toe!

Ek gesels met ‘n klompie jongboere by hierdie dae en tydens plaasbesoeke,
waar ek so baie van hulle hoor sê: “Om te boer is my roeping.” En opnuut
besef ek: As jy ‘n passie vir iets het, sal jy suksesvol wees.

Landbou is nie meer wat dit destyds was nie. Alles gebeur teen ‘n vinniger
pas. Self John Deere se leuse by NAMPO 2022 kan vandag nog gehoor word: By John Deere hardloop ons, sodat julle, ons boere, die sprong vorentoe kan neem. Boerdery is ‘n geïntegreerde bestuur van jou grond, die omgewing, diere en plante, ‘n plaas wat verskeie bedrywe bymekaar bring.

Boerdery is ‘n enkele sny uit die koek wat landbou vir ons voorstel. Die
geleenthede binne in die landbousektor is enorm. Die verskeidenheid rigtings wat betree kan word is oneindig. In ‘n paar woorde kan ek landbou beskryf as hoopvol, stylvol, lewendig en vernuwend. Dit maak my so opgewonde om steeds te hoor dat jonk en oud so passievol is oor die bedryf.

Landbou is vir elkeen. Landbou is ons toekoms.

Afrika se grootste landbouskou vind van Dinsdag 16 tot Vrydag 19 Mei
2023 by NAMPO park, net buite Bothaville, plaas. Vanjaar se tema,
“Innoverende Landbou”, bevestig die positiewe rol wat aan die Oesdag toegeskryf word en die bydrae daarvan tot die toekoms van landbou. NAMPO Oesdag se uitsluitlike doel is om vernuwende landbou ten toon te stel vir landbouvennote en -geesdriftiges en om ‘n platform daar te stel om landbou volhoubaar en meer doeltreffend te maak.

Ek glo dat NAMPO vanjaar weer uit sy nate gaan bars, waar boere en verskaffers weer skouers kan skuur, kontak maak en gesels, want een ding bly ‘n feit: die volk moet eet, die boere moet kos voorsien en daarvoor het
hulle net die beste tegnologie nodig.

Geniet hierdie propvol uitgawe. Ons sien mekaar in ons stapskoene by
NAMPO-park. Tot volgende keer!

ProAgri-groete!
Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0