Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 11th August 2022

ProAgri SA 270

By 2 min read
314 words

proagri_270_august_2022_voorblad

ProAgri vier vrouemaand!

Daar is soveel inspirerende mense in die landboubedryf. Ter viering van Vrouedag en -maand, gesels ProAgri met verskeie vroue wat op een of ander manier in die landboubedryf betrokke is. Ons gesels met vroue wat met vernuwende idees die waardeket­ting op hulle plase vermeerder.

Vroue betree die sakewêreld totaal ongenooid. Ons neem grondgebied in waar ons nie altyd welkom is nie. Ons as vroue moenie terugstaan as dit moeilik gaan nie, ons kan dit maar verwag. Die vraag is hoe ernstig ons is om ons merk te maak.

Vroue kan ook ՚n sukses van ՚n boerdery maak soos enige man. Ek voel miskien omdat ՚n vrou meer emosio­neel en koesterende eienskappe dra, kan sy ook ՚n sukses maak.

Om self ՚n vrou in die landboubedryf te wees, is daar een ding waaraan ek vasklou – as jy passievol is oor wat jy doen, hard werk en jou uitdagings net tromp-op aanpak, dan behoort jy ook ՚n bydrae te kan maak tot die voedselsekerheid in ons land.

Aan al die vroue wat die steunpilare by ProAgri is, sê ons ook dankie – dankie vir julle onbaatsugtige diens en groot opofferings wat julle vir die maatskappy maak. Dit is lekker om saam met julle te werk en ek sien uit na nog baie jare saam.

Nie net is vrouemaand ՚n hoogtepunt op die kalender nie, maar ook NAMPO Kaap wat om die draai is. NAMPO Kaap beloof om vanjaar nóg groter en beter as die laaste aanbieding in 2019 te wees. Van 14 tot 17 September 2022 lei alle paaie weer na Bredasdorp vir die jaarlikse NAMPO Kaap Ekspo op Bredasdorppark.

Lekker lees aan hierdie propvol vrouemaand uitgawe. Indien jy ook jou storie wil deel, maak gerus kontak met my. Ons wil graag kom kuier en jou storie hoor!

ProAgri groete!

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0