PRESISIEBOERDERY: Jupidex en Kverneland mik hoër, verder, beter

370594722_777151804414662_6686689794349541104_n
Dietrich Schlüter, vervaardigingbestuurder van Kverneland Soest, Duitsland, saam met Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex, en Martin Nordhaus, besturende direkteur van Kverneland-groep vir Duitsland by die Kverneland-fabriek in Soest.
Kverneland is ՚n naam wat soet klink in Suid-Afrikaanse boere se ore. Dit is die naam wat sinoniem geword het met noukeurige, stipte diens en die heel voorste, doeltreffendste landboutegnologie. Jupidex is die trotse verspreider van Kverneland se wêreldstandaard landboutoerusting in Suid-Afrika en nou ook in Afrika!
Kverneland lewer oor die jare heen net die beste vakmanskap en uitnemendheid. Ole Gabriel Kverneland het Kverneland in 1879 gestig. Vandag het die Kverneland-groep fabrieke regoor die wêreld, in onder meer Noorweë, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Nederland en Italië.
Die ProAgri-span het die wonderlike voorreg gehad om gedurende Augustus 2023 saam met Jupidex en die Kverneland-groep hulle planterfabriek in Duitsland te besoek, asook die Internasionale Presisielandboukongres wat deur Kverneland aangebied was by te woon.
Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex (Edms) Bpk sê: “Ons wil net die beste bied vir ons boere. Ons moedig boere aan om toenemend gebruik te maak van presisieboerderymetodes, en dit is juis waarom ons betrokke is by hierdie geleenthede; om ons kundigheid op teskerp en boere in Suid-Afrika en Afrika toe te rus met wêreldklas-toerusting wat hulle boerderye vorentoe vat.”
Yasukazu Kamada, president en uitvoerende hoof van Kverneland-groep, het ook die groep se bestaansrede en strewe gedeel: “Ons visie is om ‘n toonaangewende verskaffer van intelligente en doeltreffende boerderystelsels te wees wat bydra tot volhoubare landbou wat terselfdertyd aan die wêreld se groeiende bevolking voorsien. Ons missie is om nuwe tegnologie te ontwikkel, en boere te ondersteun.
“Ons wil produkte, stelsels en dienste van meerdere waarde en standaarde aan klante voorsien. Ons produkte en vernuwings lewer ՚n positiewe bydra aan nie net boere oor die hele waardeketting nie, maar ook aan kontrakteurs vir langtermyn sukses.”

Izél Grobbelaar, bemarkingskoördineerder, en Arthur Bezuidenhout, besturende direkteur van Jupidex tydens die onlangse besoek aan Duitsland.
Izél Grobbelaar, bemarkingskoördineerder van Jupidex, sê: “Dit is ‘n eer om hierdie geleentheid by te woon. Ons is nie net die enigste Afrika-land nie, maar ook die enigste land buite Europa wat die geleentheid bywoon. Dit beteken baie vir ons om landbou vir ons boere na die volgende vlak te neem. Vir ons is dit belangrik om te leer en voortdurend op hoogte te bly van nuwe ontwikkelinge.
“Ons fokus as Jupidex is perfek in ooreenstemming met die missie en visie van Kverneland, veral ten opsigte van die gehalte produkte wat hulle na die mark bring. Ons wil seker maak ons bied boere die beste gehalte en robuuste masjiene vir Afrika-toestande.”
Kverneland se fabriek in Soest GmbH, Duitsland
Die fabriekstoer in Soest was ՚n ware belewenis. Soest is ‘n klein dorpie noord van Frankfurt in Duitsland. By dié fabriek vervaardig die Kvernelandgroep hoofsaaklik planters en saaitoerusting.
Die Kverneland-groep het vyf aanlegte in Duitsland: Soest, Klepp, Nieuw Vennep, Les Landes en BCT. Die hoë standaarde van meganisasietegnologie en wat hier bereik word is verstommend! Vanaf die ontwerp, wat voortdurend verbeter en volgens boere se voorkeure verfyn word, tot by die gevorderde fabriekstoerusting en bekwame, toegewyde vakmanne, is Kverneland ’n toonbeeld van die beste materiaal, die hoogste vervaardigingstandaarde en die suiwerste akkuraatheid.
Arthur vertel: “Die fabrieksbesoek was weer vir ons ‘n belewenis, om te sien hoe presies en netjies die werktuie vervaardig word. Om na die omvang van die fabriek en die bedrywighede hier te kyk, asook die gehalte, beheerprosesse en standaarde waarteen hierdie wêreldklasprodukte gebou word, is iets wat werklik vir ons uitgestaan het.
“Dit is vir ons ‘n groot eer om te sien en gerusgestel te word met die wete dat ons met die regte mense in die bedryf hande gevat het. Kverneland doen uitstekende werk om te verseker dat klante by die proses betrokke is om te bepaal wat die klante se behoeftes is, en dat dit by die ontwerp en vervaardiging van die produkte ingesluit word. Dit is iets wat ons na ons klante kan terugneem.
“Tegnologie en presisieboerdery word al hoe meer deur boere wêreldwyd toegepas. Wêreldwyd draai nywerhede na geïntegreerde digitale toerusting wat verhoogde produktiwiteit beloof. Tydens die Kverneland kongres is verskeie nuwe presisiewerktuie van wêreldgehalte bekendgestel en ons het die voorreg gehad om dit eerstehands te beleef!”
Lynx, Helios en Onyx meganiese onkruidgrondbewerkingstoerusting

Die Kverneland Onyx meganiese onkruidgrondbewerker in aksie.
Boere is deurlopend onder druk om die gebruik van plaagdoders te verminder, maar ook om opbrengste te verhoog om ‘n groeiende bevolking te voed. Die Kverneland-groep het hulle nuwe meganiese onkruidoplossings bekendgestel om boere te help om daardie doelwitte te bereik. Die Lynx, Helios en Onyx meganiese onkruidgrondbewerkingstoerusting vernietig onkruid sonder om jou gewasse te beskadig en help ook om die grond te belug en terselfdertyd die vogvlakke in jou grond te handhaaf.
PUDAMA-presisiekunsmisplasing
- Die PUDAMA Optima SX-presisieplanter plaas kunsmis presies waar die plantjies se wortels dit soek.
- Pudama-proewe wat uitgevoer is deur die Universiteit van Cologne. (Bron: Dr. Max Bouten)
PUDAMA is die naam van ՚n tegniek wat presisiekunsmisplasing onder saad tydens plantwerk moontlik maak. Kverneland sê tot 25% minder kunsmis kan gebruik word sonder om opbrengs te beïnvloed. Ja, jy het reg gehoor! Dit is wat PUDAMA vir jou kan doen. In plaas van ‘n deurlopende vloei van kunsmis, plaas hierdie stelsel jou kunsmis presies onder die saad, waar dit hoort. Dit help die wortels van die jong plantjie om dadelik die nodige voedingstowwe op te neem.
“Ek dink dit is vir ons belangrik om te verstaan dat landbou met verskeie uitdagings gepaard gaan, veral in Afrika,” sê Arthur. ”Die demonstrasies van Kverneland het bewys dat die nuwe tegnologie die boer help om met minder meer uit te kry. Dit beteken meer wins in die boer se sak.”
ROC RS 1000 Merger

Die windrymaker: Die ROC 1000 Merger in aksie.
“Kverneland se hooitoerusting sluit nou die nuwe ROC Merger in, waaroor ons baie opgewonde is,” sê Arthur. “Met luserngewasse wat al hoe meer in Suid-Afrika en in Afrika verbou word, glo ek dat die ROC Merger die perfekte oplossing vir ons boere sal wees, waar hulle die volledige gewas van die grond kan optel, sonder voedingstofverliese of enige deeltjies van die gewas wat agterbly,” voeg hy by.
Unieke eienskappe van die ROC RS 1000 Merger:
- Nuwe kortgewasoplossing
- Vernuwende rolontwerp
- Doeltreffende werking en swaai in alle gewasvariasies en -toestande
- Spesialis in kuilvoermaak ook
- Mergers sorg vir egalige windrye oor groter gedeeltes van jou lande • Minder arbeid en minder brandstofverbruik
- Doeltreffend en volhoubaar
Kverneland Rotago F-krageg
- Die Rotago 4060 F-krageg saam met die voorgemonteerde F-drillsaadbak vereenvoudig boere se werk en bespaar tyd deur veelvoudige bewerkings tot een te verminder met die dubbeldoelige grondbewerker-planterkombinasie.
- Die Kverneland Rotago F-kombinasie is opvoubaar en kan maklik vervoer word met sy ondersteunende wiel.
Rotago F is Kverneland se nuwe geslag krageg en sy unieke eienskappe sluit in vinnige aanpassings en maklike verstellings. ՚n Eenvormige, gelyke saadbed gee aan elke plantjie die beste kans om te ontwikkel en vergemaklik die oesproses.
Die nuwe Rotago F-krageg is ISOBUS-gereed. Die werkdiepte kan aan die beweeg aangepas word sodat geen tyd verspil word nie, en dit het ՚n nivelleerbalk om te sorg dat die land mooi gelyk is. Die werktuig is van nuuts af ontwerp en is gereed vir alle toekomstige boerderykonsepte en -uitdagings. Die Kverneland Rotago F is in verskeie werkwydtes beskikbaar en vou maklik op om deur hekke te beweeg.
iXter B- en iXtra-spuite met geoutomatiseerde hervulling

Die iXter B18 agtergemonteerde spuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk.
Nog ՚n hoogtepunt was die bespreking van die TwinFill iXter B18 agtergemonteerde spuit met sy kombinasie iXtra voorgemonteerde tenk. TwinFill is nuwe sagteware vir die outomatiese volmaak van die voor- en agtergemonteerde spuit. Die sagteware sorg dat die spuitvloeistof verdeel word en met die regte volume en gelyke konsentrasie na die voor- en agtertenk oorgedra word.
TwinFill is veral voordelig vir mediumgrootte akkerbouers, groenteboere en kontrakteurs in gemengde boerderygebiede. Die operateur kan eenvoudig al die bestanddele in een stap tot die totale vereiste tenkvolume van die twee tenks saam of net die aantal hektaar wat gespuit moet word invoer, sonder om alles twee keer en in verskillende hoeveelhede af te meet en die tenks afsonderlik te vul!
- Die iXter B18 agtergemonteerde spuit met maklik bekombare elektronika aan die kant van die spuit om dit vinnig en doeltreffend te programmeer.
“As ons kyk na die nuwe spuitoplossings wat ons reeds in Suid-Afrika bekendgestel het, kan ons hierdie nuwe produkte met hulle nuwe byvoegings en bykomende kenmerke selfs met meer gemak verkoop,” sê Arthur. “Ek is baie opgewonde oor wat ons tot dusver gesien het, veral met die nuwe presisiespuitoplossings. Dit is baie opwin-dend en ek dink ons is een van baie min maatskappye in Afrika om dit aan ons boere te verskaf.”
Wat hou die toekoms vir Jupidex en Kverneland in?
“Na afloop van die velddemonstrasies is dit duidelik dat Kverneland nie rondspeel nie, veral nie ten opsigte van hulle duursame werktuie nie, en dit is wat ons ook juis wil terugneem na ons klante om hulle taak te vergemaklik en hulle winsgewendheid te verhoog.
“Wanneer jy kyk na die tegnologie wat deesdae vir boere beskikbaar is, dink ek veral in Afrika gebruik ons net ‘n klein gedeelte daarvan. Met Europa as wêreldklasleiers en aan die voorpunt van landboutegnologie en vernuwing, glo ek werklik dat dit ‘n wonderlike geleentheid vir ons as Jupidex is om hierdie werktuie aan ons Afrika-boere bekend te stel. Ons sien daarna uit om hieraan te bestee en hierdie toerusting teen 2030 in die Afrika-mark te sien floreer,” sê hy.
Sedert 1999 is boere in Suid-Afrika vertroud met Kverneland-toerusting. “Ons het oor die jare heen saam met Kverneland vir ons boere gewys dat ons hier is om te bly. Ons is toegewyd tot die sukses van ons boere. In 2024 vier ons ons 25ste jaar as vennote saam met Kverneland. Dit is ook vir ons ‘n groot hoogtepunt om vir ons klante te wys dat ons toegewyd en gereed is om verder in die landboubedryf te belê; nie net in Suid-Afrika nie, maar ook grense na Afrika oor te steek,” sê Arthur
Jupidex fokus op volhoubaarheid en die toekoms van landbou
Izél verklaar: “Kverneland fokus op doeltreffende, slim en presisietegnologie vir boere en dit is wat ons as Jupi-dex-groep ook na die tafel wil bring. Vir Jupidex is dit baie belangrik om die behoeftes van ons klante te verstaan, veral met Afrika wat nou deel is van ons verspreidingsgebied en deel vorm van ons groter prentjie – om die oplossings vir ons boere op die tafel te hê, hulle te help om meer produktief in die veld te wees en hulle te help om meer wins-gewend te wees. Met die kennis wat beskikbaar is, kan ons boere ook help om meer ingeligte besluite te neem en volhoubaar te boer.
“Vir ons is dit baie belangrik om die inligting wat ons by sulke geleent-hede insamel terug te neem na Afrika en dit aan ons boere te demonstreer deur boere- en demonstrasiedae aan te bied, en ook uitstallingsdae en ekspo’s by te woon om al die vrae wat boere het, te beantwoord,” verduidelik Izél.
“Ons wil dit maak werk vir almal wat wil belê in die Kverneland-handelsnaam en saam met Jupidex as vennoot. Daar wag ՚n groot en nog beter toekoms saam met Kverneland. Ons sien daarna uit om hierdie nuwe toerusting teen die einde van die jaar en vroeg in 2024 aan ons boere bekend te stel,” sluit Arthur af.
Jupidex en Kverneland is toegewyd daartoe om net die beste aan boere te bied. Jupidex verseker dat hulle tegniese spesialiste in die veld op hoogte is van die nuutste tegnologie om boere te adviseer en te ondersteun waar en wanneer nodig. Hou Jupidex se webwerf en sosialemediaplatforms dop vir die bekendstelling van hierdie opwindende nuwe werktuie.
Die Jupidex-groep stel graag die jongste landbou- en veral presisietegnologie aan boere bekend. Besoek hulle webwerf by https://www.jupidex.co.za/ of skakel (+27)33- 386-3574 vir meer inligting.