Categories: Crop productionPublished On: 25th May 2017

Presisieboerdery: Só boer Ficksburg se boere vooruit

By 2 min read
285 words

valtra mei 3

Let op die geriefl ike plasing van die handkontroles en die ruim, plat vloer van die Valtra A95.

Tussen die pragtige Maluti-berge in die Oos-Vrystaat word daar wel kliphard geboer, al lyk dit of ’n mens eintlik daar vakansie moet hou. Die streek is veral bekend vir sy uitmuntende mielieboere en Ficksburg Landbouvereniging se onlangse boeredag het baie sterk klem op presisie-mielieboerdery gelê.

Verskeie spesialiste is bymekaargebring om hulle jongste kennis en inligting met die meer as 200 boere te deel. Vanjaar is die tweede jaar wat die boeredag gehou is en die belangstelling het beduidend gegroei vanaf die 130 boere wat dit verlede jaar bygewoon het.

“Ons moet elke jaar tussen 5% en 10% beter boer en presisieboerdery gaan vir ons elke keer na die volgende vlak toe neem,” sê Ficksburg Landbouvereniging se ondervoorsitter, Theuns Pretorius, wat ook die dag gereël het.

Die plaas, Geluk, waar die proefdemonstrasies gedoen is, is ook deeglik voorberei en Monsanto, PANNAR, Pioneer, K2 Agri, Link Seed en United Seed kon hulle jongste kultivars met trots tentoonstel.

Ficksburg Landbouvereniging

Van die mense wat hard gewerk het om die groot boeredag te reël is agter: Hennie Vermooten, boer; Michael van Niekerk, boer: Willem Eigenhuis, hooflandboukundige van Agri Technovation; IG Wille, voorsitter van Ficksburg
Landbouvereniging; en Theunis Pretorius, ondervoorsitter van Ficksburg Landbouvereniging. Voor is Gerrit Pretorius van MD Foundation; Alec Botha, boer, Tharien Guillaume, Agri Technovation se markondersteuner en Charl van der Riet, boer.

Ficksburg landbouvereniging

Die span van Agri Technovation het ’n vars grondprofiel voor die boere getrek en Marnus Ferreira van Agri Technovation wys vir hulle al die belangrike aspekte uit.

Ficksburg landbouvereniging

Die Osmond-span van Bethlehem het ’n lugbespuitingdemonstrasie gehou.

Ficksburg landbouvereniging

Massey Ferguson se trekkerreeks het die boere by die ingang van die terrein welkom geheet.

Ficksburg landbouvereniging

Tony Johnson van Monsanto beskryf tot in die fynste besonderhede hoe lyk ’n herfskommandowurm sodat dit maklik uitgeken kan word.

0
Views: 490Comments Off on Presisieboerdery: Só boer Ficksburg se boere vooruit

Deel hierdie artikel.

0