Pothou en Blema Ba Kan Sussex-veiling

243855529_258989529563989_294245714358561374_n
Allan Sinclair (Afslaer), George Potgieter junior (Pothou Sussex), George Potgieter senior (Pothou Sussex) Junior Keyser (Blema Ba Kan Sussex) (asook koper van die duurste bul) Janus Oberholzer(Vleissentraal Bemarker) en David Menyatso (werker).
Op 30 September 2021 te Tava Lingwe game lodge, Vredefort was die Pothou en Blema Ba Kan Sussex veiling gehou. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bloemfontein en Allan Sinclair was die afslaer.
Die omset was R2 659 500.
Geluk aan Junior Keyser van Blema ba Kan- Sussex Stud wat die duurste bul (R210 000) gekoop het. Dit was ‘n nasionale rekord vir die Sussex Genootskap.
Die koper van die kommersiële oop verse (R 22 000) is SJ Meintjies Boerdery- Viljoenskroon.
Hier is die veilingsverslag:
