Poggenpoel Molopo Bonsmara se 20ste produksieveiling: Die genetika doen die praatwerk

WhatsApp Image 2025-05-27 at 10.48.33_8416e898
89 bulle was op aanbod en almal is verkoop.
Goeie Bonsmara-genetika praat vir homself, en dit was beslis die geval tydens Poggenpoel Molopo Bonsmara se 20ste produksieveiling op 27 Mei in Stella toe hulle 100% verkope en uitstekende pryse behaal het.
Die Poggenpoel-familie is gevestig in geloof, hoop en liefde. Die liefde wat hulle vir mekaar en hulle diere wys, die geloof wat hulle in die Here en in hulle genetika het, asook die hoop vir die toekoms van hulle Bonsmara-stoet.
Phillip Poggenpoel het tydens die veiling gesê dat hulle besonder bevoorreg is om hulle 20ste produksieveiling te kan aanbied, en weer het hulle stoet nie teleurgestel nie.
Met 89 bulle, 15 stoet vroulike diere en 80 kommersieële vroulike diere op aanbod by die veiling, het boere ‘n wye verskeidenheid van uitnemendheid gehad om van te kies. Hierdie diere is geteel vir vrugbaarheid, aanpasbaarheid en prestasie, met beproefde bloedlyne wat hulleself in die bedryf bewys het.
Poggenpoel Molopo Bonsmara se kudde is bekend vir hulle gehardheid en produksievermoë, wat hulle geskik maak vir kommersiële boere sowel as stoettelers.
Die hoogste prys wat die dag vir ‘n Bonsmara-bul behaal is, was vir Lot 8, BBM 18-240 wat vir R600 000 verkoop het aan adv Willem Bezuidenhout van Rustenburg. Die gemiddelde prys vir die bulle was R109 662,92.

Lot nr 8 wat vir R600 000 verkoop is aan adv Willem Bezuidenhout van Rustenburg.
Die hoogste prys behaal vir Bonsmara 3-in-1 was R150 000 en verkoop aan Johan Goosen van G10 Bonsmaras van die Aliwal Noord distrik. Terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R130 000.
Ander veilingsresultate:
• Die hoogste prys behaal vir ‘n Bonsmara koei en kalf was R100 000, terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R55 428,57.
• Die hoogste prys behaal vir ‘n dragtige Bonsmara koei was R65 000 terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R42 333,33.
• Die hoogste prys behaal vir ‘n Bonsmara koei en kalf was R100 000, terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R55 428,57.
• Die gemiddelde prys behaal vir ‘n koei en kalf was R21 000.
• Die hoogste prys behaal vir dragtige koei en kalf was R29 000, terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R27 000.
• Die gemiddelde prys behaal vir ‘n dragtige koei was R23 000.
• Die hoogste prys behaal vir ‘n vers was R13 700, terwyl die ander verkoop het vir ‘n gemiddeld van R13 229,41.
• Die gemiddelde prys behaal vir ‘n dragtige vers was R18 000.
Phillip het gesê dat hy hoop diere wat op die veiling verkoop is net voorspoed sal bring vir die boere en plase waarheen hulle gaan.
Kyk gerus die video van LOT 8 se verkope hier.
- Phillip Poggenpoel van Poggenpoel Molopo Bonsmara; Johan van der Nest, afslaer; en Gert Jordaan, bestuurder Noord-Kaap Lewendehawe.
- ‘n Vol veilingspawiljoen by Poggenpoel Molopo Bonsmara se 20ste produksieveiling.

