Categories: NewsPublished On: 1st September 2017

Plaasaanvalle in Vrystaat raak al meer

By 2 min read
395 words
doringdraad

doringdraad

Die VKB/VL Veiligheidslessenaar deel graag die volgende statistiese ontleding ten opsigte van plaasaanvalle in die Vrystaat, vanaf 1 Januarie tot 27 Augustus 2017:

  • Altesaam 20 voorvalle het in die Noord-Vrystaat plaasgevind, gevolg deur 18 in die Oos-Vrystaat en 11 in die Suid-Vrystaat. Tydens dieselfde periode verlede jaar het 37 aanvalle plaasgevind. Dus is daar ’n toename in aanvalle, met 6 aanvalle wat reeds vir Clocolan aangeteken is en 4 vir Theunissen.
  • In 32 van die 49 aanvalle blyk dit asof dit grotendeels gewapende rowe/huisrowe was. Ander ernstige geweldsmisdade sluit in 4 moorde, 4 voorvalle, 12 poging tot moordsake, 1 poging tot verkragtingsaak, 4 aanranding met die doel om ernstig te beseersake en 1 brandstigting saak.
  • Altesaam 28 van die aanvalle was op boere; 3 op opkomende boere, 3 op boere en werkers en 15 op werkers.
  • Die meeste voorvalle, 10, vind op Dinsdae plaas, met 9 op Donderdae, gevolg deur 8 op Maandae. Altesaam 33 van die 49 voorvalle (67,35%) het tussen Maandae en Donderdae plaasgevind, dus twee-derdes.
  • Meer as die helfte van die voorvalle, 27, (55,10%) vind gedurende daglig van 06:00 tot 18:00 plaas, gevolg deur 14 in die aande tot middernag.
  • In 17 van die 49 aanvalle is 2 tot 5 slagoffers gelyktydig aangeval. In die res van die aanvalle is individue geteiken.
  • Altesaam 37 van die slagoffers wie se details bekend is, is jonger as 50 jaar oud, 16 was oor die ouderdom van 50 jaar, met 14 se ouderdom huidiglik onbekend. Altesaam 5 kinders is ook geteiken.
  • 3 tot vier 4 aanvallers het 22 (44,87%) van die aanvalle uitgevoer, met 11 wat deur 2 aanvallers gepleeg is. In 8 aanvalle was 5 tot 10 aanvallers betrokke.
  • Vuurwapens is in 30 aanvalle (61,22%) gebruik. In 6 voorvalle is messe gebruik en in 9 ander instrumente soos knopkieries, skerp voorwerpe, ysterpype, ens. Die instrumente gebruik in 4 van die voorvalle is tans onbekend.
  • Voertuie, selfone, kontant en vuurwapens is steeds die items wat die meeste geteiken word in aanvalle/huisrowe op plase/kleinhoewes. In 18 voorvalle was voertuie betrokke, waarmee verdagtes of by ’n toneel aangekom het of waar hulle die toneel met die slagoffer se voertuig verlaat het.
  • In 19 aanvalle (38,73%) is arrestasies uitgevoer deur goeie samewerking tussen die Polisie en landbougemeenskappe.
  • Altesaam 16 aanvalle (32,65%) het plaasgevind wanneer daar nataligheid was aan die kant van slagoffers (deure wat oopgelos word, gebrek aan diefwering, stel ondersoek in wanneer honde blaf, ens.).
  • 9 plaasaanvalle is die jaar reeds voorkom deur middel van goeie skakeling tussen SAPD spesialiseenhede en boere.
  • Die Provinsiale Kommissaris is ernstig versoek om ’n taakspan saam te stel om aandag te gee aan plaasaanvalle langs die RSA/Lesotho grens, wat alreeds in 5 maande 11 voorvalle gehad het.

Bron: VL Nuusflitse

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0