Pioneer se P1197-platform: Hier is nou uitstekende waarde vir geld

I_P1197
deur AJ Steyn, veldagronoom, Pioneer
Sedert die P1197-kultivarreeks drie jaar gelede die eerste keer hier in Suid-Afrika aangeplant is, het dit van krag tot krag gegaan. Dit het van die begin af presteer in die besproeiingsgebiede, en ook uitgebrei na die droëlande van die Oostelike produksiegebied as gevolg van die kultivar se vermoë om by stande van 50 000 tot 60 000 te presteer.

P1197 moet egter primêr gesien word as ՚n besproeiingskultivar vir die warm besproeiingsgebiede as gevolg van sy vinnige groei en unieke energiebehoeftes.
Omdat die kultivar relatief vinnig deur sy ontwikkelingstadia beweeg, is tydige toediening van bemesting noodsaaklik vir topopbrengste. Figuur 1 dui die ideale plantbevolking vir volle besproeiing aan. Omdat die kultivar so ՚n hoë opbrengspotensiaal het, het dit ook ՚n groot behoefte aan genoeg hitte-eenhede. Die afgelope twee jaar was daar egter baie bewolktheid en reënweer (wat ander kultivars ook benadeel het), maar dit het veral die P1197-reeks se opbrengste verlaag as gevolg van sy groter hittebehoefte. Boere moet hierdie dus in perspektief sien, en nie die kultivar afskryf as gevolg van hierdie tydelike laer opbrengste nie. Die langtermyn-klimaatstoestande van die westelike besproeiingsgebiede behels droë, warm toestande in die somer, wat hierdie kultivar soos ՚n handskoen pas.


Sterk agronomiese eienskappe van P1197-reeks
- Blitsige opkoms
- Sterk vroeë saailinggroei
- Sterk wortelstelsel
- Regop blaaroriëntasie
- Kopaanhegting op ± 50% van plantgrootte
- Hoë opbrengspotensiaal
- Relatiewe lang graanvulperiode
- “Staygreen”-effek
- Lang pitte met dun stronk
- Vinnige afdroging
- Goeie staanvermoë
Prestasie onder volle besproeiing

P1197YHR het in die 2018-19-seisoen in ՚n waterverbruiksproef in Luckhoff 18,455 ton/ha behaal en ՚n waterverbruiksdoeltreffendheid van 32,5 kg graan per mm water. Figuur 2 dui die opbrengste aan terwyl figuur 3 die waterverbruiksdoeltreffendheid aandui. Hierdie seisoen het nog baie hitte gehad met goeie opbrengste by al die kultivars.
Bestuur van die kultivar
Die P1197-reeks is ՚n hoëpotensiaal baster vir die warm besproeiingsgebiede. Die baster vereis ՚n goeie bestuursvlak en tydige toedienings van kunsmis en water vir optimale produksie. Gereelde inspeksie vir insek- en swambeheer is nodig om te verseker dat die volle opbrengspotensiaal bereik word.
Vir meer inligting, gaan na www.pioneer.com/za of stuur ՚n e-pos aan info.rsa@pioneer.com.