Pannar® Extravaganzas: Waar Praktiese Insigte en Bewese Innovasie Resultate Lewer

Pannar copy_0
PIETERMARITZBURG, Suid-Afrika, 19 Februarie 2026 – Pannar Saad®, die somergewassaadvennoot met bykans 70 jaar se ervaring in Suid-Afrikaanse landbou, sal vanjaar weereens hul gewilde Extravaganzas in Februarie en Maart aanbied.
Hierdie toonaangewende boeredae vind plaas by Rysmierbult (26 Februarie), Val (4–5 Maart), Kroonstad (17–18 Maart) en Biesiesvlei (24–25 Maart), en bring boere, landboukundiges en bedryfskenners byeen vir ’n interaktiewe en praktiese demonstrasies onder ware
plaasomstandighede.
Die Pannar Extravaganzas is doelbewus ontwerp as méér as net ’n produkuitstalling. Dit bied produsente ’n waardevolle geleentheid om Pannar se jongste gewasinnovasies in die praktyk te beleef, toegepaste agronomiese insigte te bekom en direk met Pannar-verteenwoordigers, agronome en medeprodusente in gesprek te tree.
Vanjaar se Extravaganzas fokus op nuwe produkbekendstellings, asook op die nuutste resultate vanuit Pannar se Panagri™ navorsingsprogram. Hierdie program kombineer streng meerjarige, multistreekproewe met diepgaande plaaslike agronomiese kundigheid. Panagri™ beoog om boere te ondersteun om selfversekerde basterkeuses en ingeligte bestuursbesluite te maak wat langtermynproduktiwiteit
bevorder.
Produsente wat die geleenthede bywoon, sal waardevolle insigte kry oor die bestuur van gewasuitdagings en praktiese strategieë aanleer om prestasie en veerkragtigheid onder uiteenlopende produksietoestande te verbeter.
“Pannar se benadering kombineer die nuutste wetenskaplike deurbrake en ‘n agronomiese begrip van plaaslike toestande met ‘n diepe respek vir boere se ervaring en kundigheid,” sê De Bruyn Myburgh, Hooflandboukundige by Pannar. “Die keuse van die regte basterpakkette is een van die mees kritieke en uitdagende besluite vir boere. Ons glo daaraan om saam aan oplossings te werk wat ons lojale kliënte vertroue in hul besluite gee.”
Boere wat die geleenthede bywoon kan ook uitsien na die immergewilde Pannar Bonanza Beloningprogram. Deur vroegtydig ’n minimum randwaarde se saad vir die 2026/2027-plantseisoen te bestel, kan boere uit ’n reeks aantreklike Bonanza beloningitems kies.
Met wêreldklas kiemplasma, toonaangewende biotegnologie-eienskapspakkette, en ’n doelgerigte portefeulje van premiumbasters en kultivars wat vir konsekwente en betroubare prestasie ontwikkel is, bly Pannar verbind tot die sukses van boere in ’n toenemend uitdagende produksie-omgewing. Boere word aangemoedig om nie hierdie geleentheid om te leer, te netwerk en te groei mis te loop nie.
Vir meer inligting of om te registreer, kontak gerus jou naaste Pannar verteenwoordiger.
Nuwe produkbekendstellings
Geelmielies:
Vanjaar stel Pannar vier nuwe produkte in ons formidabele geelmieliepakket bekend. Die eerste is PAN 3A-112, ’n konvensionele baster uit Pannar se vinnigste platform, wat uitstekende opbrengspotensiaal lewer in hoëdigtheid- en hoëpotensiaaltoestande met sy vastekop-tipe. Hierdie platform toon goeie toleransie teen Noordelike Mielieblaarskroei, wat opbrengspotensiaal ondersteun in omgewings met hoë siektedruk van hierdie patogeen.
PAN 4A-138 is nog ’n nuwe konvensionele baster vir 2026, wat die populêre PAN 4R-538R en PAN 4R938PW in dieselfde platform komplementeer. Bekend vir sy konsekwente prestasie by ’n wye reeks plantpopulasies en opbrengspotensiale, bied hierdie platform sterk opkoms en saailinggroeikragtigheid vir ’n vroeëseisoenvoordeel. Alhoewel hierdie basters goed gebalanseerd is, word ’n voorkomende swamdoderbespuiting aanbeveel in omgewings waar Gewone Roes baie voorkom om optimale resultate te handhaaf.
’n Glifosaat-tolerante baster, PAN 4R-552R, voltooi hierdie wyd aangepaste platform. Hierdie baster lewer konsekwente prestasie oor produksiestreke heen en kombineer uitstekende vroeë groeikragtigheid met sterk staanvermoë. Bekend vir sy algehele plantgesondheid en goeie algemene siekteverdraagsaamheid, is hierdie platform veral geskik vir lae plantpopulasies, wat dit ’n betroubare keuse maak vir diverse boerderytoestande.
Pannar se nuwe bekendstellings word afgesluit met PAN 6P-984PW, die nuutste toevoeging tot hierdie volseisoenplatform. Dit het minimale spruitvorming, wye aanpasbaarheid en ’n hoë graanindeks met uitsonderlike toetsgewig. Sterk staanvermoë en indrukwekkende opbrengspotensiaal maak dit ’n toppresteerder. Toegerus met PowerCore™ tegnologie, bied hierdie baster breë beskerming teen bogrondse lepidoptera-plae en sluit glifosaat-toleransie in vir effektiewe insek- en onkruidbeheer.
Witmielies:
Hierdie seisoen stel Pannar drie nuwe witmieliebasters bekend. Die eerste een is die nuwe konvensionele baster PAN 5A-155. Hierdie platform, wat PAN 5R-555R en PAN 5P-955PW insluit, stel steeds die standaard vir prestasie in die westelike, sentrale en Vrystaat-produksiestreke.
Hierdie basters kombineer ’n uitstekende meerkoppigheidsindeks met ’n minimale neiging om spruite te produseer, wat doeltreffende groei en opbrengspotensiaal verseker. Boonop het dit sterk blaarsiekteverdraagsaamheid, wat sorg vir betroubare gewasgesondheid deur die hele seisoen.
PAN 5R-541R en PAN 5P-941PW is spesifiek ontwikkel vir die hoëpotensiaal-watertafelgronde in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes-streek. Hierdie basters bied uitstekende stabiliteit, breë aanpasbaarheid en ’n sterk graanindeks. Hul agronomiese profiel sluit in ’n aantreklike, goed gebalanseerde planttipe, ’n robuuste meerkoppigheidsindeks, matige spruitvorming en betroubare staanvermoë, wat konsekwente prestasie in medium- tot hoë-opbrengstoestande verseker. PAN 5P941PW, met PowerCore™ tegnologie, bied gevorderde beskerming teen bogrondse lepidoptera-plae en inkorporeer glifosaat-onkruiddoderverdraagsaamheid vir effektiewe insek- en onkruidbeheer.
Sonneblom:
Vanjaar stel Pannar graag PAN 7103CLP bekend, ’n drierigtingbaster met die Clearfield® Plus eienskap vir effektiewe alternatiewe onkruidbeheer. Net soos PAN 7102CLP, blom dit vroeg, maar dit bied ’n langer graanvulperiode asook stay-green-afdroging. Met ’n hoër opbrengspotensiaal, verbeterde oliepersentasie en beter olie-opbrengs asook versterkte Alternaria-toleransie, is PAN 7103CLP ’n kragtige nuwe toevoeging tot Pannar se sonneblompakket.
Oor Pannar Saad
Pannar Saad® is ‘n voorloper saadverskaffer in Afrika wat in 1958 in KwaZulu-Natal getig is en steeds sy hoofkwartier daar het. Pannar Saad bied boere ‘n gefokusde saadportefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Hierdie hoë gehalte portefeulje word versterk deur die saadinnovasies van sy moedermaatskappy, Corteva Agriscience™, en Pannar se grondige begrip van hoe die wisselwerking tussen gewasgenetika en plaaslike toestande opbrengs beïnvloed.
Na 68 jaar in die landboubedryf, bly Pannar Saad se voorneme onveranderd: om boere se vertroue te verdien en ‘n waardevolle bydrae te lewer tot die suksesverhale van hul boerderye en gemeenskappe. Pannar Saad help om boere se toekoms beter te maak deur die prestasie en
winsgewendheid van somergewasse volhoubaar te verhoog. Hulle luister eers en gebruik dan wetenskaplike kennis gekombineer met praktiese ervaring om saam oplossings te skep wat werklikhede op grondvlak aanspreek. Omdat Pannar Saad se eie mense op die plaas is, het boere direkte toegang tot die beste voorverkoopadvies en, wanneer nodig, ondersteuning van deurwinterde landboukundiges. Boere se vertroue en gemoedsrus is Pannar Saad se mees waardevolle bates.
Vir meer inligting, besoek www.pannar.com of volg Pannar op Facebook, Instagram, YouTube en LinkedIn vir gereelde produknuus, suksesverhale, geleenthede en meer.