Orthman se proewe wys: Kunsmis op die regte plek maak die verskil

1tRIPr2-768×576
Die demonstrasie-eenheid, ՚n 4-ry Orthman 1tRIPr, berei die grond voor en plaas kunsmis vir strookbewerkingproewe.
In Amerika plant Orthman gereeld proewe op verskillende plekke sodat boere in die omgewing met hulle eie oë kan sien watter verskil strookbewerking met die korrekte plasing van kunsmis kan maak.
Met die ondersteuning van Mike Petersen, hooflandboukundige van Orthman Stateside, het Brian Nieuwoudt van Orthman in Suid-Afrika ՚n stel vergelykende proewe op ՚n plaas naby Heidelberg opgestel.
Die proef
՚n Orthman 1tRIPr met kunsmisbakke is gebruik om die vier verskillende proefblokke op een dag voor te berei, gereed vir planttyd. Die mielies in die proefblokke se groei is met mekaar en met die konvensionele aanplantings op die plaas vergelyk.
Die vier blokke is ewe diep bewerk. In Blok Een is die korrelkunsmispakket, bestaande uit N-P-K-S, 250 mm diep geplaas, Blok Twee het geen voedingstowwe ontvang nie, in Blok Drie is dit 180 mm diep geplaas en in Blok Vier 110 mm diep.
Mike sê: “Die rede vir die verskillende dieptes is omdat die wortels op verskillende stadia van groei in kontak kom met die voedingstowwe en dit lei tot verskillende fisiologiese reaksies in die plant met betrekking tot plantgroei en -gesondheid. Hierdie reaksies in die vroeë stadium van ՚n mielie se leeftyd kan ՚n groot verskil maak in die plant se ontwikkeling.”
Tabel 1: Data van 21/01/2021 (Hoogte van plante in cm)

Tabel 2: Wortelgroei in die verskillende proefblokke

Die uitslae
In Tabel 1 word baie duidelike verskille in groei aangedui. Die mielies in die strookbewerkingsproef het in dieselfde tyd twee meer blare ontwikkel en het 10 tot 10,5 cm hoër gestaan as die konvensionele aanplanting.
Die twee bykomende blare maak ՚n groot verskil in die energie wat van die son af opgevang en deur fotosintese aan die plant beskikbaar gestel word. Brian sê: “Wanneer ՚n stelsel ՚n plant
kan help om vinniger meer blare te ontwikkel en gesond te groei deur voedingstowwe binne bereik van die wortels te plaas, dan maak dit mos sin om so ՚n stelsel te ondersoek. Ons sal die groei dophou soos die seisoen vorder. Strookbewerking se klein verskille lei tot groot moontlikhede vir beter groei en opbrengs, natuurlik altyd afhangend van klimaatstoestande en reën.”
Geen goeie dinge kan bokant die grond gebeur as dit nie ook onder die grond gebeur nie. Kennis van die rol van wortelgroei, hoeveel wortels ontwikkel, hoe diep hulle die grond indring en uit hoeveel kubieke meter hulle vog en voedingstowwe kan onttrek, help ՚n boer om te verstaan watter invloed bewerkingspraktyke en die plasing van voedingstowwe op opbrengs kan hê.
In die proef is daar ook onder die grond gemeet en getel. Tabel 2 wys die verskille in die aantel wortels wat ontwikkel het in die verskillende blokke. Mike sê: “Ek sien hierdie verskille al die afgelope 21 jaar in Amerika en ons wys dit nou graag ook aan Suid-Afrikaanse boere.”
Opbrengs is die maatstaf van sukses. Orthman het die gereedskap om jou te help om kos by die plant se mond, sy wortels, uit te bring. Dit maak die verskil.
Wortelontwikkeling van ՚n mielieplant op 60 dae

Kontak Brian Nieuwoudt vir meer inligting by 076-283-0766, 012-940-2155 of oalsales@orthman.com. Besoek ook www.orthman.com en www.precisiontillage.com.