Ontmoet PANNAR se flink span landboukundiges: Hulle laat elke pit praat

pannar-okt-feature
deur Christin Hunter
Dit verg ’n groot span uitsonderlike kundiges om ’n bevolking te voed – ’n span wat eerstens boere insluit, maar ook spesialiste in saadtegnologie, landbouchemikalieë, meganisasie, grondwetenskap, bemarking en markte om maar ’n paar te noem. PANNAR is trots daarop om een van die belangrike skakels in hierdie ketting te wees.
Met ’n wavrag grade en nagraadse kwalifikasies – en 68 jaar se gesamentlike ervaring – is PANNAR se wenspan landboukundiges ’n skatkis van kennis wat die grondslag van winsgewende en volhoubare boerdery vorm. Boonop strek hierdie ervaring oor verskeie gewasse en boerderystreke duskant die Sahara heen.
Vir die boer beteken dit die beste raad oor die afwisseling van gewasse, kultivarkeuses, plantdigthede, siektebestryding en ander bestuurspraktyke. Aan die hoof van die span staan die veteraansaadman, Pieter Rademeyer wie se grondige kennis en suiwer oordeel ’n bate vir die landboubedryf van Suid-Afrika is.
Hanlie Geldenhuys is PANNAR se produklandboukundige vir die oostelike produksiestreek en AK Geldenhuys (nie familie nie) vir die westelike streek. Hulle dien as skakel tussen navorsing (produkontwikkeling) en verkope, en hulle praat namens die twee streke se boere tydens produkontwikkelingsamesprekings en -besluite. Hanlie sal byvoorbeeld die ooste se behoefte aan hoëplantbevolkingkultivars aan die navorsers oordra en AK die weste se behoefte aan droogteverdraagsame kultivars.
In elke streek is ’n PANNARlandboukundige wat landboukundige raad eie aan die streek bied en wat navorsingsprojekte op plase ondersteun. Hierdie landboukundiges het gespesialiseerde kennis oor PANNAR se produkte in hulle besondere gebiede en hulle deel daardie kennis by PANNAR se jaarlikse Gewasextravaganzas, wat elke boer behoort by te woon. Regdeur die seisoen is PANNAR se landboukundiges bedrywig op plase, waar hulle produksieraad gee en probleme oplos soos hulle kop uitsteek, om te verseker dat die boer die volle waarde uit PANNAR se voortreflike saad put.
PANNAR se flink span landboukundiges is:
| Naam | Streek | Telefoonnommer |
| Corné van der Westhuizen | Noordwes | 082-570-8240 |
| Grant Pringle | KwaZulu-Natal en Kaap | 071-678-1511 |
| Joe Payne | Gauteng, Suid-Mpumalanga
en Oos-Vrystaat |
083-417-4795 |
| Klaas van Wyk | Noord-Kaap | 072-665-6488 |
| Hendrik Linde | Wes-Vrystaat | 079-527-7695 |
| Nico Barnard | Oostelike Hoëveld en
Limpopo |
082-850-1503 |
Hierdie span landboukundige veldwerkers speel ook ’n belangrike rol in PANAGRI®-navorsingsprogramme wat prestasie onder verskeie soorte produksie- en omgewingstoestande evalueer. Proewe word byvoorbeeld gedoen om sake soos prestasie teen verskillende plantdigthede, produksie onder vogspanning of die uitwerking van onkruiddruk op die uiteindelike opbrengs te bepaal. Hierdie belangrike bevindings word by die Gewasextravaganzas met boere gedeel en dit is nog ’n rede waarom boere die geleentheid nie moet misloop nie.
PANNAR se landboukundiges geniet waardevolle steun van Navorsing en Ontwikkeling se span plantsiektekundiges onder die bekwame leiding van dr Rikus Kloppers. Hulle toets en ontwikkel gewasbeskermingsprogramme onder die handelsnaam, PANACEA®.
SB Coetzee evalueer verskeie saadbehandelingsprodukte om te bepaal watter een die beste vir PANNAR-saad werk. Vicky Coetzee (nie familie nie) toets die weerstand van basters teen die siektes van sub-Sahara-Afrika en stel voorkomende spuitprogramme saam om plante ten beste teen siektes en plae te beskerm.
Tot elke boer se beskikking
Die sleutel tot hierdie skatkis van bruikbare kennis is in elke boer se hand in die gedaante van Sprout, PANNAR se selfoontoepassing (app).
Sprout bied produkbeskrywings en kontakbesonderhede van PANNAR se behulpsame bemarkers, maar help boere ook om ingeligte besluite te neem:
- Daar is ’n galery foto’s met beskrywings van die belangrikste mielie-, sonneblom- en koringsiektes sodat die boer in die land ’n tydige en akkurate diagnose kan maak.
- Daar is gereedskap om die boer te help om die beste baster vir sy besondere produksiestelsel en –omgewing te kies en om verskillende kultivars met mekaar te vergelyk.
- Daar is gereedskap om die regte plantestand vir produk te te bepaal en om die ekonomiese lewensvatbaarheid van herplant na skade aan ’n gewas te bepaal.
- Daar is opbrengsskattingsmiddele, SAFEX-pryse en geldeenheidomskakelings sodat die boer sy somme foutloos kan maak.
- Daar is ’n eenheidomskakelingshulpmiddel sodat die boer imperiale eenhede na metrieke eenhede kan omskakel vir die vertolking van oorsese navorsingsresultate.
Met die beskikbaarstelling van al hierdie nuttige kennis en hulpmiddele is dit duidelik dat PANNAR nie net die boer se saadvennoot is nie, maar sy volledige boerderyvennoot wat hom al die pad ondersteun om winsgewend en volhoubaar te boer.
Vir meer inligting, praat met Peet van der Walt by 082-783-9526 of 033-413-9558, of e-pos hom by Peet.vanderwalt@pannar.co.za. Besoek ook PANNAR se boervriendelike en nuttige webwerf by www.pannar.com.
