Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 31st October 2022

Ontmoet die President van die SA Boerboktelersvereeniging

By 2 min read
345 words

kobus lotter sa boerbok

Kobus Lotter

“Ek het grootgeword in gemengde veeboerdery en is ongebalanseerd lief vir ‘n boerbok en swartkop-persieskaap vanaf die dag wat ek my oë oopgemaak het,” sê Kobus Lotter.

Hy is die President van die SA Boerboktelersvereeniging het grootgeword op ‘n plaas in Willowmore-distrik. Hy was in ‘n landbouskool, toe landboukollege en toe weermag toe. Hy het begin boer in 1981 saam met sy pa. Sy pa is oorlede in 1994 waarna hy aleen begin boer het.

“Ek het vier seuns waarvan drie boer. Ek het die boerdery aan my seuns oorgegee en dit is heerlik om te sien wat hulle doen. Dit hou my besig om die oudste te help boer en ek is steeds bedrywig met die boerbokke regoor Suid Afrika,” sê hy.

Kobus het ongeveer 1985 begin met sy boerbokstoet. “Ek het nie ‘n stoetnaam gehad nie maar wel die groep Doornpoort Genetics 12 jaar terug gestig. Baie groot groep, ons doen lynteling en probeer die ideale bok teel volgens die SABTV rasstandard,” voeg Kobus by.

Agtergrond oor die SA Boerboktelersvereeniging

Boerbokke is ‘n geharde ras wat selfversorgend is as dit ekstensief grootgemaak word. Hulle doen ook baie goed onder intensiewe toestande maar indien sag groot gemaak word verloor die dier hul gehardheid en aanpasbaarheid.

Kerneienskappe van die boerbokras

  • Vrugbaar, gehard en aanpasbaar
  • Goeie moedereienskappe
  • Snelgroeiend en selfversorgend

Kobus se visie vir die genootskap tydens sy presidentskap

“Om te poog om opkomende telers te bemagtig met kennis. Mentorskap is belangrik, ek sal wil sien dat ons in samewerking met die regering ‘n ontwikkelingsprogram op die been bring. Ek wil sien dat swart boere op veilings ook onder die beskerming van die SABTV diere verkoop, ek wil swart boere sien vertoon op skoue asook op ons nasionale skou.”

Sonder ‘n gesonde kommersiële been beteken die stoetsektor nie veel nie, daarm voel Kobus dat stoetboere ramme wat onder ekstensiewe toestande hul self kan handhaaf beskikbaar stel aan kommersiële telers.

Kontak  Stefanie van der Walt by 072-108-7463 of die rasdirekteur, Michelle Kruger by 083-378-6370 vir meer inligting oor die ras of om lid te word van die genootskap.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0