Oilco trap diep spore met Shell
Saamstaan is koning, het ’n groep boere van die Noordkus en Umhlali bewys toe hulle op 11 Julie 1946 bymekaar gekom het om die Coastal Farmers Co-operative Limited te vorm. Een van die doelwitte van die organisasie was om vir sy lede die beste moontlike pryse te beding met betrekking tot die verkryging van insette, soos diesel, vir hulle plaasbedrywighede. Vandag geniet sowat 1 400 hoofsaaklik suiker-, piesang-, en sitrusboere steeds die voordele en voorraad wat deur Coastals gereël word.
Een van die landbou-organisasie se vernaamste verskaffers is Oilco, ’n Topverspreider van Shell wat sorg dat die wiele en ratte bly draai van Durban af tot so ver as Nelspruit.

Oilco se depot in Empangeni sorg dat die wiele van die konstruksiebedryf in die omgewing, maak nie saak hoe groot of swaar nie, bly draai.
Lindsay Smith, hoofbestuurder van Coastals, en Russell Govender, handelsbestuurder, sê hulle verkies om met plaaslike maatskappye sake te doen, want dit gaan oor aanspreeklikheid en ’n openhartige verhouding.
By Oilco het ons te doen met mense wat verantwoordelik en betroubaar is, sê Russell. “As daar probleme is, soos met voorraad, weet ons dat hulle sal optree en dit nie probeer wegsteek nie. Daarby het ons vertroue in die produk wat hulle lewer en die korrektheid van aflewerings. Oilco se trokke is reg gekalibreer; ons boere kry wat hulle bestel het.”
Dit is nie net die landbou wat baat vind by Oilco se goeie dienslewering nie. Japie Moolman van JJ Moolman in Richardsbaai vertel dat hy al 17 jaar lank sy maatskappy se diesel by Oilco bestel. Met groot grondverskuiwingsmasjiene en nog groter trokke wat die masjiene verskuif, is JJ Moolman ’’n gulsige dieselverbruiker.
Hy sê as die diens goed is, verander ’n mens nie van verskaffer nie. “My pa het altyd gesê ’n mens moenie krap waar dit nie jeuk nie, so ’n mens hou by mense wat goed na jou kyk.” Oilco se tweede lewe het begin toe Shell die depot in Durban, wat onder likwidasie was, aan Willie Hanekom gebied het. Oom Willie het in daardie tyd ’n Shell-diensstasie gehad en was dus reeds betrokke in die wêreld van diesel.
Hy het sy ouditeur, Andrew Campbell, genader om die onderneming saam met hom te begin en die twee het van 2007 af ingeklim om Oilco om te draai na ’n suksesverhaal. Vandag lê Oilco se Shell
Diesel Extra-voetspoor van Durban af oor Empageni, Vryheid, Pongola en tot in Nelspruit. Hulle bedien veral die landbou, maar ook nywerhede en myne, nie net met diesel nie, maar ook met Shell se uitstekende reeks smeermiddels.
Voorraad is vir Andrew baie belangrik:
“Wanneer ek nie diesel kan lewer nie, beteken dit dat suikerrietplase gaan stilstaan en dat trokke nie hulle vragte by hulle bestemmings kan uitbring nie.”
As een van Shell se uitgesoekte Topverspreiders kan Oilco nou aan sy kliënte gemoedsrus gee, want hulle geniet voorkeur by die Shell-depot om diesel te laai. Oilco se vloot, bestaande uit 20 tenkwaens, asook 10 bakkies en trokkies vir smeermiddelaflewerings, kan dus flink uitdraf om hulle werk te doen.
Nog voordele is hulp met bemarking, soos by boeredae, en die opleiding van bemarkers om die waarde van Shell se produkte aan kliënte uit te wys. André Botes van Oilco sê die meeste mense dink diesel is maar net diesel, tot jy aan hulle Shell Diesel Extra se skoonbrandvoordele uitwys. “Jou enjin loop beter, hou langer omdat daar nie aanpaksels is nie en jy bespaar brandstof,” sê hy.
André is ook verantwoordelik vir veiligheid, gesondheid en omgewingsgesondheid by die maatskappy en hy waardeer die ondersteuning wat Oilco in dié opsig van Shell af geniet. “Gesondheid en veiligheid is nie iets wat ons bykomend doen nie; dit is die manier waarop ons alles doen.” Londiwe Mhlongo, streekverteenwoordiger van Shell, sê hulle het veral gekyk na volhoubare groei en Oilco se potensiaal om Shell se sigbaarheid in die streek uit te brei, toe die maatskappy as een van Shell se Topverspreiders gekies is.
Daar is beslis geen gebrek aan geesdrif om te groei nie. “Ons wil in die volgende 18 maande groei tot een van die top-5 van Shell se Topverspreiders,” sê Andrew.
Vind uit wie jou plaaslike Shellverspreider is deur Réomè van der Westhuizen by 082-463-4344 te skakel of stuur ’n e-pos na r.vanderwesthuizen@shell.com.