Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 19th February 2026

Nuwe sensasie-witbasterplatform in die medium-kort droëland-groeiklas vir die oostelike produksiegebiede

1054 words

P18011WPW

Die sukses van ’n baster is grootliks afhanklik van goeie bestuurspraktyke. Eerstens speel grondvoorbereiding, en dan die planter tesame met die planteraksie, die belangrikste rol.

Agronomiese praktyke tot die voorbereiding van ’n optimale wortelontwikkelingsomgewing speel ook natuurlik ’n belangrike rol. Tesame met ’n goed aangepaste wortelstelsel van genetika, is dit ’n belangrike wyse om voedingstofopname te verbeter.

Dit is baie belangrik om te onthou dat mieliewortels voortdurend moet groei om grondvoedingstowwe te onttrek. Enige agronomiese praktyk wat nuwe wortelgroei ondersteun, verbeter mielie-opbrengs. Praktyke soos die uitskakeling van verdigting of die dreinering van nat grond om beter wortelgroei moontlik te maak, verbeter geleenthede vir groter opbrengste.

Grond is die primêre bron vir 13 van die 16 voedingstowwe wat nodig is vir mieliegroei. As enige een van hierdie 13 voedingstowwe beperk is, is mielie-opbrengs ook beperk. ’n Goeie wortelomgewing skep minder spanning op die plant, wat sodoende ’n direkte impak op opbrengs het.

Funksies van mieliewortels

Daar is basies twee funksies van wortels: absorpsie en die ankering van die plant. Wortels vervul ook die funksie van geleiding ten opsigte van water, minerale en voedingstowwe na die bogrondse dele. ’n Belangrike beginsel wat ons gewoonlik vergeet, is die verhouding tussen die totale blaaroppervlakte en die worteloppervlakte. Die wortels moet in staat wees om die bogrondse dele te voorsien van genoeg geproduseerde koolhidrate of fotosintaat – energie wat deur die fotosinteseproses vanaf die blare verkry word. Daarbenewens moet genoeg water en minerale aan die bogrondse dele voorsien word, en die blare moet genoeg voedsel vir wortelonderhoud lewer.

“Mielietelers werk daaraan om opbrengspotensiaal in ’n baster te ontwikkel, maar om te besef dat opbrengs ’n wortelstruktuur vereis wat opbrengste beskerm en stabiliseer,” sê Jeff Schussler, Pioneer-navorsingswetenskaplike. “Wortelargitektuur is krities.”

Pioneer-navorsers werk daaraan om beter mieliewortelargitektuur te ontwikkel, met baie fyn haarwortels om voedingstowwe naby die oppervlak te absorbeer, en diep vertakkende wortels om toegang tot vog in die laer vlakke van die grond te verkry.

Wortels is kompleks. Elke mielieplant het tienduisende klein wortels. Omdat hulle ondergronds is, is dit moeilik om hulle te bestudeer. Wanneer ’n plant meer energie in wortelgroei plaas, is daar gewoonlik minder energie beskikbaar vir graanproduksie. Diep en goed verspreide wortels is belangrik:

  1. Eerstens moet hulle vinnig afwaarts in die grond groei, eerder as om hoofsaaklik lateraal te versprei.
  2. Tweedens moet hulle groei op ’n manier wat minder druk op die plant plaas – met ’n metaboliese tempo wat die plant nie oorlaai of graanproduksie benadeel nie. Sekere anatomiese eienskappe kan die opname van voedingstowwe ‘goedkoper’ vir die plant maak.
  3. Laastens moet die wortels die vermoë hê om diep in die grond te groei om water op te neem wanneer toestande dit vereis.

Deur fotosintese vang die blare van die mielieplant sonlig en koolstofdioksied vas om suikers (fotosintaat) te produseer. Hierdie suikers word na die aktief groeiende organe van die plant gelei. Vroeg in die plant se ontwikkeling beweeg suikers na die wortels, waar dit omgeskakel word na strukturele koolhidrate en proteïene in die ontwikkelende wortelweefsel.

Soos die plant aanhou groei, word fotosintaat na die stam en blare gelei vir tydelike berging. Ná suksesvolle bestuiwing plaas graanontwikkeling ’n groot vraag na koolhidrate op die plant. Wanneer die koolhidraatbehoeftes van die ontwikkelende pitte die hoeveelheid oorskry wat deur die blare geproduseer word, word stingel- en wortelbergingsreserwes aangewend.

Universiteitstudies dui daarop dat ongeveer 60% tot 70% van die nie-vesel-koolhidrate in die stam tydens graanvulling na ander dele van die plant verskuif word – hoofsaaklik na die kop (Daynard et al., 1969; Jones en Simmons, 1983). Hierdie stamuitputting (ook genoem stamkanibalisme) begin ongeveer twee tot drie weke ná baardvorming.

Omgewingsstres wat die hoeveelheid fotosintaat wat deur die plant geproduseer word, verminder, kan plante dwing om selfs groter persentasies stamkoolhidrate te onttrek, wat graanvulkoerse behou ten koste van die stam. Soos koolhidrate wat in die wortels en stingel gestoor word na die kop gemobiliseer word, begin hierdie strukture afneem.

As daar na die tipe wortelhoeke en -stelsels in Figuur 1 gekyk word, kan afgelei word dat sekere genetika se wortels beter of swakker presteer by spesifieke grondpotensiale of grondtipes met bepaalde kleipersentasies, wat sodoende beter plasing van basters kan bewerkstellig.

Figuur 1: Tipes kroonwortelwortelhoeke.

Die P18011W-platform word kortliks as volg opgesom

Dit is ’n nuwe, uitstekende witbaster met goeie opbrengspotensiaal oor ’n wye reeks gebiede in die ooste, as ’n medium-groeiseisoenbaster. Hierdie platform kan as plaasvervanger vir P2369W gebruik word. Dit het ’n baie mooi, groot primêre kop met goeie graan- en skepelmassa. Dit is goed aangepas by enige potensiaaltoestande en lewer goeie opbrengste op hoër potensiaalgronde met vroeë aanplanting.

Die platform beskik oor baie goeie blaarsiektetoleransie, asook goeie verdraagsaamheid teenoor stam- en wortelvrot. Dit is ’n grootraamplant wat koppe hoog kan dra. Dit word ook aanbeveel om hierdie nuwe basters saam met P2553W en P2553WR as ’n pakket aan te plant. Die PowerCore-weergawe moet met ’n toevlugsarea aangeplant word.

Hier volg die agronomiese eienskappe wat gebruik kan word vir besluitneming.

Figuur 2: P18011W getoets oor twee seisoene in navorsingsproewe oor die oostelike produksiegebied.

P18011W was oor twee seisoene in navorsingsproewe oor die oostelike produksiegebied getoets. Die kleure in die grafiek hierbo (Figuur 2) stel die volgende voor:

  1. Wit blok: Opbrengsverskil (t/ha).
  2. Blou blok: Persentasie (%) wenne van basters in vergelyking met P18011W, wat as die 0-swartlyn aangedui word.
  3. Geel blok: Aantal vergelykings.

’n Voorbeeld hiervan is dat P2369W slegs in 34% van die 37 vergelykings teenoor P18011W gewen het, met ’n gemiddelde opbrengsverskil van -0,77 t/ha.

Figuur 3: ’n Regressiegrafiek van P18011W in die oostelike produksiegebied.

Uit die bostaande regressiegrafiek (Figuur 3) kan afgelei word dat P18011W = 1018D047-66 (rooi lyn) beter presteer as P2369W (groen lyn) by alle potensiaaltoestande, gebaseer op 37 vergelykings. Die grys stippellyn verteenwoordig die mediaan – dit is die punt waar albei basters dieselfde opbrengs lewer. P18011W het P2369W in 66% van die 37 proefvergelykings geklop, wat neerkom op 25 wenne uit 37 vergelykings. Die gemiddelde opbrengsverskil ten gunste van P18011W was 0,77 t/ha.

Samevatting

Die P18011W en P18011WPW lyk na ’n platform met baie goeie opbrengspotensiaal, aanpasbaarheid en stabiliteit. In gebiede waar P2369W goed presteer het ten opsigte van opbrengs, graankwaliteit en siekteverdraagsaamheid, is dit ’n uitstekende opsie om hierdie platform – in beide die nie-tegnologie- en tegnologieformaat – te toets. Daar moet altyd onthou word dat die prestasie van ’n baster afhanklik is van goeie bestuur, deeglike bewerkingspraktyke en die regte plasing daarvan.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0