Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 7th January 2026

Nutribase verskaf noodsaaklike, gehalte kuilvoer-inokulante aan veeboere

By 2 min read
430 words

Kuilvoer_in_hande

Die tipe en hoeveelheid bakterieë wat natuurlik op groen kuilvoermateriaal voorkom kan gewoonlik nie beheer word nie, wat gevolglik die gehalte van die kuilvoer affekteer. Vir boere wat intensief met vee boer, is kuilvoer-inokulante onontbeerlik omdat dit die gehalte en voedingswaarde van kuilvoer beduidend verbeter.

Bakteriële kuilvoer-inokulante is van kritieke belang omdat dit die spoed en omvang van primêre fermentasie aansienlik verhoog.  Dit dra dus by tot beter kwaliteit voer wat beter produksie by diere sal verseker en dus meer wins vir die boer.

Nutribase, een van die voorste verskaffers van spesialiteitsvoerbymiddels vir die voerbedryf in Suider-Afrika, is kenners op die gebied van kuilvoer-inokulante. Daarom verskaf hulle twee hoogs doeltreffende bakteriële kuilvoer-inokulante aan plaaslike boere, naamlik Ecosyl 50T en Ecocool 100T.

Ecosyl 50T

Hierdie inokulant is geskik vir ’n wye reeks gewasse en inkuilingstoestande – en daar is klinkklare bewyse dat Ecosyl 50T fermentasie sowel as diereprestasie verbeter. Ecosyl bevat MTD/1 – ’n unieke bakteriële stam wat slegs in Ecosyl se reeks kuilvoer-bymiddels voorkom. Ecosyl lei tot minder verliese van droë materiaal (DM), en gevolglik is meer voedingstowwe beskikbaar aan diere.

Die middel is te kry as ’n vloeibare aanwending en een bottel behandel 50 tot 100 ton se kuilvoergewasse, afhangend van die gewas en inkuilingstoestande. Ecosyl 50T het ’n raklewe (onoopgemaak) van 24 maande in ’n koel, droë plek, maar die oopgemaakte sakke moet binne drie dae aangewend word. Ecosyl bevat geen geneties gemodifiseerde organismes (GMO’s) nie.

Ecocool 100T

Ecocool 100T word gebruik vir gras, mielies, peule en graankos/peul-dubbelgewasse wat weerbaar is vir aërobiese kontaminasie. Die middel kombineer twee unieke bakteriële stamme in een inokulant, naamlik Lactobacillus plantarum MTD/1 vir meer effektiewe fermentasie sowel as Lactobacillus buchneri PJB/1 vir verhoogde aërobiese stabiliteit, wat lei tot kuilvoer van ’n veel hoër gehalte. Vanweë die gebruik van hierdie inokulant, is meer stikstof beskikbaar wat as werklike proteïen behoue bly en dus voerdoeltreffendheid verbeter.

Ecocool 100T beheer ongunstige organismes soos muf en sodoende is daar betekenisvol minder mikotoksien opbou na inkuiling. Dit is ook beskikbaar vir vloeibare aanwending en een bottel behandel 100 ton kuilvoer. Net soos Ecocyl 50T, moet die spuittenkmengsel binne 48 uur aangewend word. Ecocool 100T het ’n raklewe (onoopgemaak) van 24 maande in ’n koel, droë plek. Hierdie produk bevat ook geen GMO’s nie.

Buitengewone voordele

Na jare in die plaaslike landboubedryf, weet Nutribase dat hoëgehalte-voer noodsaaklik is vir diere se gesondheid asook vir optimale produksie om maksimale wins vir die boer te verseker.

Vir meer inligting oor Nutribase se kuilvoer-inokulante, kontak Jaco Faasen by 082-607-6601 of besoek www.nutribase.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0