November 2016 se trekker- en stroperverkope

tractor_clip_art_18056
Trekkerverkope van 453 eenhede in November is een eenheid meer as die 452 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope 13% laer as verkope vir dieselfde tydperk verlede jaar. Stroperverkope van 12 eenhede in November is, soos trekkerverkope, een eenheid meer as die 11 eenhede wat verlede November verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope ongeveer 15% laer vergeleke met die ooreenstemmende vorige tydperk.
Goeie reën het in baie van die oostelike dele van die land geval en sekere damme begin voller maak. Dit is ᾿n goeie teken vir droëlandboere, asook vir boere wat aanvullend besproei. Sekere westelike dele van die land het steeds reën nodig om bevredigende somergewasse te lewer. Na die ergste droogte in jare is bankiers versigtig om aankope van landboutoerusting te finansier en boere is huiwerig om skuld aan te gaan voordat hulle meer sekerheid het oor hulle gewasse. Die onderliggende sentiment in die mark bly nietemin positief, maar versigtig.
Huidige ramings vir die bedryf in 2016 dui daarop dat algehele trekkerverkope ongeveer 12,5% laer sal wees as verkope verlede jaar, of dat ongeveer 5 800 eenhede verkoop sal word.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie