NMR Engineering: Hanteer jou vee maklik

NMR1 reg
Dit was die vakmanskap en stewige staalwerk van NMR Engineering se krale en ander toerusting wat Pieter Herbst, vroeër van Link Seed en nou voltydse beesboer naby Greytown, se aandag eerste getrek het.
Die staal wat NMR vir die vervaardiging van alle produkte gebruik, is dikker as dié van die meeste ander veehanteringstoerusting op die mark en elke stuk word netjies afgerond met geen skerp hoekies of slordige sweiswerk wat diere kan seermaak nie.
Nou, na drie jaar se voltydse gebruik buite in wind en weer vir die hantering van die ratsste kalf tot die grootste Bonsmara-stoetbul, kan Pieter onomwonde verklaar: “NMR se toerusting hou. Ek het nog nooit enige probleme gehad nie en daar het ook nog nooit enige sweislaste losgegaan nie.”
Die vriendelikheid en hulpvaardigheid van NMR se span kundiges onder leiding van Chari Liebenberg was ’n bonus. Pieter sê: “Hulle het uitgekom plaas toe en alles opgemeet om my te help om die hanteringstelsel so op te rig dat ek en die vroue wat vir my werk die diere maklik kan hanteer.”
Pieter het net vroue wat vir hom werk, want hy vind hulle is meer pligsgetrou as mans en hulle gee om vir die diere. Die 150 beeste word twee tot drie keer per maand in groepe van 50 hanteer en veral teen bosluise behandel. Met die hulp van NMR se toerusting hanteer hulle al die beeste in een oggend.
Die stewige nek- en lyfklamp hou die moeilikste bul in toom sodat hy geweeg kan word en van bek tot poot ondersoek en behandel kan word indien nodig. Die klamp kan verstel word om dieselfde met skraler en kleiner koeie te doen.
“Een vrou kan hier by die klamp die weegwerk en doseerwerk doen, sonder probleme,” sê hy.
Die nekklamp werk meganies, maar met die palratstelsel is dit ’n eenarmwerk en jy kan ook voel of die klamp reg pas om diere van verskillende groottes stewig vas te hou sonder om hulle seer te maak. As ’n dier regtig rusteloos is, kan jy die lyfklamp ook inspan om hom of haar onbeweegbaar vas te hou.

Pieter Herbst wys hoe maklik dit is om die valklappe oop te maak om by ’n bees se bene of pote uit te kom. Let ook op die tralies bo wat elkeen op sy eie laat sak kan word.
Die u-vormige tralies aan die kant het elk sy eie meganisme wat losgemaak kan word sodat die tralie laat val kan word om enige plek op die dier se lyf by te kom. Indien die hoewe of bene behandel moet word, is daar onder ook valklappe wat een-een laat sak kan word om toegang te verleen.
Daar is ook ’n spesiale klamp vir kalwers wat hulle hantering vinniger en maklik maak en dit maak hulle ook gewoond aan die manier van hantering.
Pieter het ’n hele klomp van NMR Engineering se kenmerkende blou beeshekke wat hy kan gebruik om in ’n kits ’n stewige kraal te bou, as drukgang in te rig of tydelike kampe enige plek op die plaas te maak.
Hy geniet ook die vervoerbaarheid van die hele veehanteringstelsel. Hy sê dit is maklik om die laaibank saam met ’n vraggie hekke agter op ’n bakkie te laai en dan kan jy enige plek stop om beeste te laai.
Pieter het reeds baie geld, tyd en werk in sy Bonsmara-stoet belê en die laaste ding wat hy wil hê is dat diere moet seerkry of onnodige spanning moet ervaar net omdat mense sukkel om hulle te hanteer. NMR Engineering maak moeitelose dierehantering moontlik en maklik.
Jy kan regstreeks met die vriendelike mense van NMR Engineering gesels of jou naaste landbouhandelswinkel nader om jou veeboerdery makliker te maak. Kontak die eienaar, Chari Liebenberg, by 082-890-6269, 033-263-1056 of chari@nmreng.co.za of besoek www.nmreng.co.za om na die volledige reeks toerusting te kyk.

Met NMR Engineering se nek- en lyfklamp kan beeste vrou-alleen hanteer word.

NMR se staal is stewig en die sweiswerk is netjies. Dit hou!