Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 16th August 2023

Niekerksrust SAVM-stoetery se 62ste produksieveiling ’n groot sukses!

By 1 min read
220 words

DSC_0824

Die Vleismerino’s in die Niekerksruststoetery word deur mnr. Jan van Biljon as redelik vroegryp bestempel. Hulle het op 21 Junie 2023 hulle 62ste produksieveiling gehou, met goeie pryse vir beide manlike en vroulike diere wat op die dag behaal is.

Twee ramme, 1014 JVB en 0303 JVN, behaal die hoogste prys op die veiling, van R60 000 elk. Die kopers van die ramme was André Malherbe van Hertzogville en Willem Eigenhuis van Graaff-Reinet.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Ramme:

  • 36 Top SAVM-ramme is op veiling aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R17 611.

Van links na reg: Bertus van Biljon (Seun van verkoper), Gustav Eigenhuis (Koper se seun), Danie de Wet (BKB), Jan van Biljon (Verkoper), Jan Mostert (Afslaer), Jaco Jonker (Stoetbestuurder) en André Malherbe (Verkoper).

Ooie:

  • 57 Geregistreede ooie is tydens die veiling verkoop en behaal ’n gemiddelde prys van R8 070. Die duurste gesregistreede ooi met twee ooilammers, 0284 JVB, is vir R18 000 aan Niekie Fourie van Christiana verkoop.


Van links na regs: Jafta Nolo, Niekie Fourie (Koper) en sy dogter Dané, Jan van Biljon (verkoper), Carlos Chabeli, Jan Mostert (Afslaer), Joshua Moroenyane, Schalk Jonker (BKB) en Jaco Jonker (Stoet-bestuurder).

Baie geluk aan die verkopers en kopers! Sien julle volgendejaar, dieselfde plek en tyd.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0