VIDEO: New Holland wys hul staal by Balfour met die Roll-Belt 150 baler

New Holland bly ’n eenstop-oplossing vir boere wat opsoek is na betroubare, doeltreffende en vooruitstrewende toerusting.
By vanjaar se Balfour Hooidag wys New Holland weereens hoekom hul masjinerie as een van die beste opsies in moderne boerdery beskou word.
Derrick Coetzee, New Holland se produkbemarker, vertel meer oor die New Holland Roll-Belt 150 verstelbare baalkamer, ’n baler wat ontwerp is vir konsekwente bale, uitstekende digtheid en maksimum werksverrigting.
Die baler is tydens die demonstrasie by Balfour Hooidag deur New Holland se baanbreker metaangas-trekker gesleep.