Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 27th May 2025

New Holland T6000-trekkerreeks

423 words

9F9611R

Voortdurende opgradering sorg dat die New Holland T6000-reeks gewild en nuttig bly.

New Holland se T6000-trekkerreeks is nie nuut nie maar daar is algaande veranderinge en/of opgraderings aangebring, wat ons bring waar ons vandag is.

Die reeks bestaan uit drie vlakke van tegnologie, naamlik DELTA, PLUS en CLASSIC, en strek van 82 tot 121 kW.

Die DELTA reeks (82 en 93 kW) is die ekonomiese reeks en is beskikbaar met rolstaafbeskerming (ROPS) of kajuit.

Hierdie reeks is in 2023 opgegradeer met ‘n 16×16 Electro Command-ratkas. Skakeling tussen ratte is vergemaklik deurdat geen koppelaar benodig word nie. Omdat hierdie trekker baie gebruik word om waens na die silo te sleep, lei hierdie funksie tot minder uitputting vir die operateur. Dit bespaar ook onderhoudkoste.

Die PLUS-reeks bestaan uit die T6070- kajuittrekker (104 kW) en het dieselfde ratkas as die DELTA-reeks. Hier is egter die geslotebaan hidrouliese stelsel van 113 liter per minuut met 3 volledige hidrouliese koppelings. Al 3 het vloeibeheer en 2 is verstelbaar vir watter funksie jy ook al benodig. Dit is geskik vir plantwerk of enige ander hidrouliese behoeftes.

Die CLASSIC-reeks (104 en 121 kW) is die hoëspesifikasiereeks met die drukbuisinspuitingenjin wat toegerus is met die aanjaagfunksie in sekere toepassings. Hierdie enjin word nou elke 600 uur versien, en nie elke 300 uur soos in die verlede nie, wat nog ‘n besparing op jou instandhouding-rekening meebring.

Die 18×6 Power Command-volkragskakelingratkas bied uitstekende werkverrigting en gemak vir die operateur. Dieselfde hidrouliese stelsel as die PLUS-reeks doen sy werk ook hier.

Twee standaard bande-opsies is beskikbaar, naamlik 650/65R38 agter en 540/65R28 voor of die rygewasbande van 580/70R42 agter en 480/70R30 voor.

‘n Volle stuurstelsel is reeds gereed en al wat jy kort is die verkose akkuraatheidsein om al jou take te verrig. Natuurlik het jy volle toegang tot die FieldOps-portaal waar jy jou plaas, vloot en data kan integreer en berg, en dit is gratis!

Verskeie ander opsies is ook beskikbaar, byvoorbeeld die voorste driepunthyser met hidroulika en kragaftakker.

Al hierdie modelle het premium-bande.

Die kajuite is ruim en bied uitstekende sigbaarheid.

Die Service Plus-waarborg van 2 jaar / 2 000 uur is standaard op alle T6000-trekkers. Dit kan van die begin af of binne die eerste 11 maande verleng word tot soveel as 7 jaar en 5 000 uur.

CNH Capital Finansiering bied ook verskeie rentekoerssubsidieplanne aan op die hele T6000-reeks, soos prima -10,75% oor 24 maande met 45% deposito of Prima -4% oor 36 maande met 15% deposito. Die 15% BTW op jou transaksie word ook gefinansier, en jy kan dit binne 3 maande terugvorder. Dit verminder jou aanvanklike deposito aansienlik en versterk jou kontantvloei.

Vir meer besonderhede, besoek New Holland se webwerf, kontak jou naaste New Holland-handelaar of skakel Jaco du Preez by (+27)82-524-8898.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0