Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 4th June 2024

New Holland kleintrekkerreeks: Klein botteltjies, groot gif!

592 words

TT3.45

By die onlangse NAMPO-oesdag het New Holland van hulle kleintrekkermodelle uitgestal om te wys watter opgraderings aangebring is vir 2024. Hierdie reeks strek van 31 kW tot 66 kW en is beskikbaar in 2- en 4-wielaandrywing. Almal het gesertifiseerde rolbeskerming (ROPS) en sondakkies as standaardtoerusting, wat dit veilig en gemaklik maak vir die operateur.

Die TT3-reeks is ontwerp na aanleiding van uitgebreide klanteraadpleging, terugvoer en insette. Om aan die vereistes van vandag se veeleisende operateurs te voldoen, bied hierdie reeks: moderne stilering, uitstekende operateursgerief, onoortreflike werkverrigting in sy segment, sowel as waarde en veelsydigheid vir New Holland-klante.

Dit is toegerus met die bekende “cat eye” ligte van New Holland en ՚n enkele enjinkap wat instandhouding maklik maak. Onlangs is nuwe LED-ligte bygevoeg vir beter sigbaarheid. Die sitplek het geïntegreerde vering en ekstra kussing vir uiterste gerief. Alle sleutelkontroles is so geplaas dat hulle byderhand is vir produktiewe ergonomiese werking en die semi-plat platform bied meer ruimte en groter operateursgerief.

Die hyserkapasiteit is ՚n allemintige 1 800 kg wat toegerus is met die “Lift-OMatic” outomatiese hyserstelsel. Hierdie spesifikasies maak swaar take maklik en gerieflik vir die operateur. Die nuwe ronde modderskerms maak werk in wingerde en boorde gerieflik omdat die
takke nie vashaak soos aan die normale modderskerms nie, maar oorgly. Dit is dus ՚n meer veelsydige trekker vir talle meer take op die plaas.

Twee modelle van die TT3-reeks word ingebring, naamlik TT3.45 met 31 kW en die TT3.50 met 37 kW.

Die TT-Reeks het egter geen bekendstelling nodig nie en is gesog onder boere. Daar is drie modelle, naamlik TT55 (40 kW), TT65 (48 kW) en die gesogte TT75 (55 kW). Hierdie eenhede is onlangs opgegradeer met nuwe LED-ligte vir beter sigbaarheid en die platform is gelig sodat dit nou semi-gelyk is vir beter operateursgerief.

Die TT55 en TT65 word deur ՚n 3-silinder turbo-enjin aangedryf met ՚n kapasiteit van 2,9 ℓ. Die TT75 het egter ՚n 4-silinder turbo-enjin van 3,9 ℓ, wat hierdie trekker uiters sterk maak in sy klas. Hierdie enjin gee goeie brandstofverbruik met die kraglewering vir enige taak. Die TT75 het dan ook twee volledige hidrouliese koppelings vir veelsydigheid van meer take. Die twee kleiner eenhede het die normale 8×2-ratkas maar die TT75 word ingebring met die 12×3-ratkas. Dit gee jou ՚n spoed-reeks van 0,97 km/u tot 30,56 km/u waar die normale 8×2 by 2,98 km/u begin.

In 2024 is telematika ook bygevoeg as ‘n opsie op hierdie reeks. Die EasyLink CM100-modem kan in die fabriek of agterna op enige TT-trekker aangebring word. Dit moniteer vele parameters van die trekker, soos ligging, voertuigstatus, laaste posisie, waarskuwings, “geofence”, beweging vir die dag en voertuigparameterverslag. Hierdie kan alles op die gratis MyPLMConnect-toepassing gemoniteer word. Die CM100 word ook tans uitgebrei vir die TT3- en TT4-reekse.

Die TT4-reeks het 2 modelle, naamlik TT4.80 (60 kW) en TT4.90 (66 kW). Albei is beskikbaar in die meganiese of kragskakel (power shuttle) 12×12-ratkas. Albei kom standaard na Suider-Afrika met die kragskakelratkas, maar ons voeg die 20×20-kruipratkas met 0,3 km/u by vir die TT4.90. Hyserkapasiteit is 2,5 ton vir die 80 en 3,5 ton vir die 90. Hierdie reeks het ՚n volledige platform met baie ruimte wat dit uiters gerieflik maak vir die operateur.

Die “cat eye”-ligte is standaard met die nuwe LED-ligte wat bygevoeg is. ՚n Reguit agteras maak dit meer geskik vir sleepwerk. 540 en 540E kragaftakkerspoed (PTO) is ook standaard op die reeks en is handig as daar spuitwerk verrig moet word. Dit maak ook die toepassing meer brandstofdoeltreffend omdat die 540-spoed op laer omwentelinge verkry word.

Vir meer inligting, besoek www. newholland.com/za of kontak Jaco du Preez by (+27)82-524-8898.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0