Categories: NuusPublished On: 7th September 2020

NAMPO Virtueel: Minder as 48 uur om te gaan

By 1 min read
187 words
NAMPO

Nampo_Virtual_Banners_6x3_ENG

Oor minder as 48 uur open Suid-Afrika se eerste ten volle virtuele landbouekspo en konferensie.

Met meer as 100 van die voorste verskaffers, uitstallerwebinaars, paneelbesprekings en vele meer, bied NAMPO Virtueel aan besoekers die geleentheid om op hoogte te bly van die voorste verwikkelinge en neigings in die landboubedryf.

NAMPO Virtueel bied aan boere, produsente en die groter landboubedryf die geleentheid om van enige plek en van oral aan te teken, hetsy van binne Suid-Afrika, en oor wêreldgrense heen, om deel te neem aan die stampvol program oor vier dae, die AgriXtra digitale TV-kanaal, Agri in Motion-paneelgesprekke, en die verskeidenheidsprogram op die Main Stage. 

In ‘n eerste vir NAMPO Virtueel kan besoekers die totale NAMPO-ervaring gratis geniet, van die uitstallings tot al die insiggewende programme en vermaak.

Besoek www.nampovirtual.co.za om die volledige konferensie- en vermaakprogramme te sien, asook die Uitstallerslys van almal wat u virtueel kan besoek. 

Komplimentêre besoekersregistrasie is nou beskikbaar by www.nampovirtual.co.za

Die NAMPO Virtuele Landbouekspo en AgriXtra digitale TV-kanaal is oop van Woensdag 9 September tot Saterdag 12 September 2020. Die skoutye is 09:00 – 19:00 daagliks, behalwe Saterdag van 09:00 – 14:00.

Bron: Graan SA

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0