Categories: NuusPublished On: 9th May 2018

NAMPO-KOMPETISIE

By 2 min read

DSC_4840

By glo ons daaraan dat boere strykdeur moet wen, daarom gee ons inligting oor tegnologie en meganisasie GRATIS aan boere.

Ons is ook op trots daarop om ons nuwe eenstop help-my-soek-en-verkoop-webwerf, Agri4all.com bekend te stel. Nuwe en tweedehandse toerusting en voertuie, asook vee, veilings en eiendom word GRATIS daarop geadverteer.

Maak seker jy ontvang ‘n uitnodiging na die webwerf op jou e-pos. Gee vir ons jou sakekaartjie of skryf jou besonderhede op die lys en staan ook ‘n kans om een van die produkte hieronder te wen. Daar is elke dag ‘n trekking by ons stalletjie in die Hinterlandsaal, maar vir die hoofprys, ’n kragspaaryskas, kan jy nog tot 31 Mei inskryf.

Pryse! Pryse! Pryse!

Drie ProAgri-braaiers, elk ter waarde van R550 en ‘n vuurput ter waarde van R1 500. Die braaiers is van staal en word met hittewerende verf behandel. Dit word deur Think Metal in Carletonville vervaardig. Bel Kenny by 083-314-3213 of e-pos hom by kennynigrini@gmail.com.

’n Paar stewige liggewig Strident Camo Chelsea-stewels ter waarde van R650, geskik vir plaas- en nywerheidswerk of die jagveld, met ‘n waterwerende, lugdeurlaatbare bokant en ’n vastrapsool. Daar is drie pare in die spel. Dit word verskaf deur Neptun. Kontak hulle by 031-737-4500 of marketing@neptunboot.co.za.

‛n Kwêbeam-vroeëwaarskuwingalarmstelsel. Die prys sluit ‘n beheerpaneel en twee losstaande oë in wat elk 18 meter ver en 90 grade wyd kyk. Die waarde van die prys is R5 440 en dit sal op Vrydag 18 Mei by ProAgri se stalletjie oorhandig word. Kwêbeam word deur Krypton Sekuriteitstelsels versprei. Kontak Mark Beresford by 073-207-2992 of kryptonsec@gmail.com.

Hoofprys! ’n Kragbesparende yskas van 170 liter wat met 12 of 24 volt werk, ter waarde van R6 500, word gesamentlik deur ProAgri en KragDag aangebied. Jy kan nog tot op 31 Mei 2018 inskryf deur die skakel op KragDag se webwerf te volg. Almal wat by NAMPO ingeskryf het, is deel van die trekking. Die prys word deur Sonman geborg; bel hulle by 012-734-4355.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0