‘n Vertroeteling vir die siel: Jag, visvang en die mooiste sonsondergange net op Swaelkrans

swaelkrans 3
Droom jy van ‘n jagtog tussen die bosveld en vlaktes in die Vrystaat met die mooiste sonsondergang? Waar jou siel kan rus en jy opwinding kan beleef, lekker kos kan geniet en luuks kan bly? Swaelkrans Privaat Natuurreservaat het verskillende jagpakette beskikbaar om by elke jagter te pas en jou die regte Afrika-jagervaring te bied.
Swaelkrans Privaat Natuurreservaat is geleë naby Bothaville en het dertig jagspesies van ‘n steenbok tot ‘n mooi sebra of ‘n groot buffel en het ook verskeie voëlspesies soos volstruise om te jag.
“Ek het baie lekker gejag daar. Die wild is mooi en die mense is baie vriendelik,” sê Frankie Engel, plaaslike jagter, oor Swaelkrans op hulle webwerf. Gareth Jones, internasionale jagter, voeg by dat hulle die beste Afrika-jagervaring gehad het. Hy was mal oor die sonsondergange, die verblyf en veral die jagervaring.
Wat Swaelkrans Privaat Natuurreservaat bied:
- Lekker vyfster-spysenieringsopsies waar die jagter kan kies wat hy wil eet.
- Luukse, gerieflike en mooi verblyf in ‘n jagherberg (lodge) of selfsorg in ‘n kampeerterrein met tente langs die Vaalrivier – perfek vir jagters.
- Slaggeriewe – Van die afslag van die wild wat jy geskiet het tot om jou trofeebok of karkas koel te hou om saam huis toe te vat
- Visvanggeriewe en bootvaarte op die Vaalrivier
- Skietbaan om jou geweer in te skiet
- Veldgidse en jagvoertuie om jou te vergesel op jou jagtog
- Verskeie pakette soos korporatiewe jagpakette vir sake-ondernemings wat hulle personeel of klante wil bring en ook vrouejagpakette slegs vir vroue.

Swaelkrans Privaat Natuurreservaat bied ook vervoer aan van die OR Tambo-lughawe tot by die reservaat. Besoek https://swaelkranshuntingsafari.co.za/ om jou plek vas te maak vir die winter of kontak hulle by 071-430-7270 of swaelkranshuntingsafari@gmail.com vir ‘n onvergeetlike ervaring.

