N & M Boerdery: “Valtrac is die beste wat ek al ooit gehad het!”

Picture1
N & M Boerdery is begin deur die huweliksmaats Nico en Mariana Hendriks. Hulle boer in die Ellisras omgewing. Nie net plant hulle aartappels en uie nie, maar het ook ‘n beesvertakking.
In 2014 het Nico se dogter hom oorreed om ‘n Valtrac trekker te toets. Aanvanklik was hy skepties en het gesê dit is te duur. Nou spog hy al met ses trekkers op sy plaas!
Tiaan Gerber, Nico se skoonseun, boer al vyf jaar saam met hom. Hy vertel van die ander implemente wat hulle van Valtrac het is die gifspuiter, voorsnyer en kantsnyer. Hy sê dit is ongelooflike implemente.
Tiaan vertel verder hoe die Valtrac-span binne ure by hulle plaas aangekom het om te help toe daar ‘n probleem met een van die implemente was. Hy sê dit spreek boekdele van hulle kliëntediens.
Nico beveel die Valtrac trekkers aan. Volgens hom is die implemente bo-gemiddeld in hul werksverrigtinge en die brandstofverbruik baie doeltreffend. Hy sê dit is die beste wat hy al gehad het.
Vir meer inligting, kontak enige van die volgende:
Attie de Villiers: 083-261-9863 ; attiedev@valtrac.co.za
Kantoor: 056-817-7308
Of besoek die Valtrac webtuiste by www.valtrac.co.za.